Wednesday 18 September 2013

"THE FINAL COUNTDOWN": SA Finale reelings 2013 Woensdag 18 September 2013

Geagte ouers.

Ek kan nie glo ons staan op die drumpel van die SA’s nie!!

Die Drie Pipers, Sanesh Aromogam, Frans Coetzee en Daniel Meyer het vanmiddag (Woensdag 18 September 2013 se kleedrepetisie saam met die orkes geoefen - en dit klink PUIK! 


 Well DONE julle drie!!!







Hier volg ons beplanning vir hierdie groot dag:

DAG
DATUM
TYD
BESKRYWING
Woensdag
18  September
14:30 – 17:30
Kleedrepitisie en oefening saam met die Pipers van Boys’ High.
Vrydag
20 September
06:30
07:00 – 09:00


10:00
10:30

11:30 – 15:00

15:15




VROEG GAAN SLAAP!!
Warm op en stem in die vleuel van die saal
Optrede vir Hoof se verjaarsdag.


Pak geraaswa en busse.
Vertrek na H/skool Menlopark.

Kleedrepitisies en oefeninge saam met pipers.

Bus vertrek terug skool toe so gou as wat ons klaar saam met die pipers geoefen het.  Hul kan eers 14:00 daar wees.

KINDERS MOET INSTRUMENTE EN STAANDERS SKOOL MAAK VIR SA’s INSPEKSIE.

KINDERS MOET ASSEBLIEF VROEG GAAN SLAAP. SATERDAG IS ‘N BAIE LANG DAG EN ONS KAN NIE BEKOSTIG DAT HUL MOEG IS NIE. OUERS, HELP ASB!!
Saterdag
21 September
07:00




07:30


08:00




09:00

10:30


14:00

15:00





16:00

16:55

17:30

17:00




18:30


19:05

20:15




20:45

21:00



22:00
Ouers wat op verhoog help en al orkeslede kom in die saal bymekaar.
Orkeslede slaan dadelik staanders op en pak instrumente in saal uit.

Ouers pak verhoog en klank uit.  Orkes warm op en stem.

Finale kleedrepitisie.

Ouers plak plakkers op verhoog (Theunis en Lumar).

ONTBYT

Oefen AFRICA saam met H/skool Menlopark op die verhoog.

MIDDAGETE

Meisies begin hare en grimering doen.  Ensemble-meisies eerste.  Ensemble-seuns trek aan.

Res van orkes trek aan.

Ensemble begin opwarm en stem.

Ensemble maak gereed by verhoog.

Ensemble tree op.

Res van die Konsertorkes begin opwarm. 

Ensemble sluit 18:00 by orkes aan.

Konsertorkes maak gereed en stap op verhoog.

Konsertorkes tree op.

Kyk na Menlopark se optrede en maak gereed om saam met hulle op die verhoog te   gaan na afloop van hul optrede.

Speel AFRICA saam met Menlopark.

Prysuitdeling.
Fotosessie op verhoog na afloop van die prysuitdeling.

Maak klas skoon en pak alles op.

Afsluiting.


     1.      Seuns moet Vrydag na afloop van die oefening hulp skoolskoene ingee.

     2.      Kleredrag vir Saterdag:  Ons kom Saterdagoggend met ons orkeshempie en blou denim op die verhoog bymekaar.  Daarna trek ons almal ons SA-kleure aan en die nuwe lede hul skooldrag.

     3.      Etegeld vir Saterdag is R60.  Anneke Vermaak en haar span gee ontbyt, middagete en dan is daar die hele dag deur vir die kinders iets om aan te peusel, koffie, Hot Chocolate en koeldrank beskikbaar.

     4.      Al die orkeslede moet na afloop van die kompetisie bly om skoon te maak en weg te pak.  Moet asseblief NIE u kind voor die tyd vat nie.  Onthou net, daar is 58 kinders en baoe ouers wat moeg is en wat ook gou by die huis wil kom.  Kom ons almal werk saam sodat ons almal so gou as moontlik kan verdaag.  Dan sluit ons almal saam in die klas af en verdaag saam.

Vriendelik versoek ek die volgende:

     1.      Moet asseblief nie u kind van die groep af wegneem nie.  Ons sal presies vir hulle se wanneer hul wat mag doen. Al die kinders moet onder dieselfde kam geskeer word om orde te kan handhaaf.

     2.      Moet asseblief nie met die kinders reelings tref of my reelings verander nie.  Dit veroorsaak chaos as te veel metnse met die kinders werk op so ‘n belangrike dag.

     3.      Wanneer ons begin aantrek, moet u asb van die groep onttrek.  Moet asseblief nie by ons kom staan wanneer ons opwarm en instem nie.  Dis ‘n kritieke oomblik in ons voorbereiding.  Ons het u ondersteuning in die saal nodig!! J  U gaan na die heel beste orkes in die land kyk… klap hand, skree, gil…. Dit pla ons nie – ons soek dit!!! J

     4.      Weerhou u asb van enige kommentaar van enige groep wat optree.  Ons weet nooit wie is die mense wat hoor wat ons se nie – en ons sal ook nie daarvan hou om opmerkings van ons te hoor nie. ‘n Orkes kan lewenslank geskors word indien enige iemand van ons ons skuldig maak aan afbrekende kritiek teenoor ander deelnemers.

    5.      Moet ook asb in GEEN konfrontasie met ander skole se ouers betrokke raak nie.

    6.      Moet asb NIE met u kind raas of baklei op die dag nie.  ‘n Kind wat ontsteld is, kan vir ons ‘n negatiewe uitwerking wees.

    7.      R20 toegangsgeld word by hekke gevra, behalwe vir orkeslede.

    8.      Daar word verversings verkoop op die terrein, maar ek wil nie he my orkeslede moet enige kos daar koop nie – ons gee vir hulle kos. Hul moet ook nie gedurende die dag deurmekaar eet en drink nie – die senuwees krap hul magies om!

    9.      Dan wil ek vra dat wanneer die laaste Konsertorkeslid van die verhoog afstap,  al ons pappas asb vinnig verhoog toe moet gaan om te help om al ons goed so vinnig as moontlik deur die agterste deure op die verhoog af te dra.  Ons het ongeveer 45 sekondes om die verhoog te ontruim!!

Indien daar enige vrae is, vra gerus.

Groete!!

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faksnommer:  086 512 8755


1 comment:

  1. Sir,
    We were able to watch some of your rehearsal this morning while waiting for our son Daniel to perform with the pipers from Boys High. What a wonderful sight and sound it was! We wish all those competing tonight the very best and are proud and honoured that Frans, Sanesh and Daniel have had the opportunity to play with your excellent orchestra. Thank you.

    ReplyDelete