Wednesday 4 September 2013

Naweek Reëlings: 4 September 2013

Geagte ouers.

Jip, alweer ‘n epos met nuwe reëlings op!! L

Ek kry ongelukkig nie op hierdie stadium ‘n tyd by UNISA om ons amptelike foto te neem nie, tyd loop uit en ek moet dringend ‘n foto he wat vir die SA’s benodig word.

Ek wil ons reëlings rondom ons oefeninge hierdie naweek effens aanpas om hierdie foto te kan neem.  Dit raak nou ons matrieks wat Maandag Wiskunde skryf.  Om hulle te akkomodeer, wil ek vra dat ons die reëlings soos volg aanpas:

    1.      VRYDAG:      Geen oefening of optrede hierdie Vrydag nie sodat ons matrieks hierdie tyd kan gebruik om ononderbroke te studeer. Die optrede is verskuif na
                        volgende week Vrydagaand.  Dan tree ons met skooldrag op.  ONTHOU DIS VOLGENDE WEEK ONS OEFENWEEK!!!

     2.      SATERDAG:  Bus vertrek 13:00 by die skool. Gee asb vir u kind sakgeld, daar is gewoonlik ‘n baie oulike snoepie wat kos en allerlei lekker goedjies verkoop. U kan ook vir hulle ‘n kospakkie, water en koeldrank inpak. 

Die hele orkes vertrek met SA-kleure REEDS aangetrek en meisies se hare moet reeds gedoen wees. 
Ons eerste foto is met ons SA-kleure (slegs die seniors). 
Tweede foto is met ons Orkeshempies en blou denim.   Nuwe lede trek orkes-hempie, drimac en met blou denim al by die huis aan.
Daarna trek ons ons Konsertklere aan en neem ons formele foto.
Na afloop van die optrede, trek die hele orkes weer hul denims met orkeshempies aan en NIE eie siviele kere nie asb.
Konsertklere en SA-kleure word daar ingeneem.
Na afloop van ons optrede vertrek die bus terug skool toe met al die kinders wat nie by die teater agter bly nie.
Ek het reeds al die kaartjies en programme uitgedeel.

Groete!!

Danie 

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faksnommer:  086 512 8755


No comments:

Post a Comment