Monday 9 September 2013

OEFENWEEK & 11 DAE VOOR SA’s!!! Gordel vas en hoop vir die beste! (Het die afgelope 10 jaar gewerk! ) ;)

Geagte ouers.

In die eerste plek wil ek baie dankie sê aan al die ouers wat my Saterdagaand bygestaan het met die kinder en gehelp het om hulle mooi te maak, toesig te hou en in die bus saam met hulle te ry.  Ek kan glad nie meer werk indien ek nie die hulp van ons ouers het nie.  Ek waardeer julle hulp.

Dis nou…

OEFENWEEK & 11 DAE VOOR SA’s!!!

Ons oefenprogram vir die week is soos volg:

DAG
TYD
PLEK & BESKRYWING

Maandag
9 Sept

14:30 – 18:00
Oefen in saal.

Dinsdag
10 Sept

14:30 – 18:00
OUDISIEDAG:  Slegs nuwe lede en seniors wat nog hul oudisies moet doen / herhaal.

Woensdag
11 Sept

14:30 – 18:00
Oefen in saal.

Donderdag
12 Sept

14:30 – 18:00
18:00 – 20:00
Oefen in saal.
Ouers wat ons tydens die SA’s help  vergader 18:00 asb.
Ouers op die verhoog help, “oefen” na die vergadering op  die verhoog.

Vrydag
13 Sept
14:00 – 16:30
16:30
17:00
18:00 – 20:15
Oefen in die kerk oorkant die skool tot 16:30 (moontlik op verhoog).
Orkes pak bus.
Vertrek 17:00 na optrede.
Konsertorkes:  Optrede by Oud-weermaglede funksie.

Saterdag
14 Sept



GEEN oefening – om Gr 10’s geleentheid te gee om reg te maak vir Gr 10-Bal.
Woensdag
18 Sept
14:00 – 18:00 (?)
Kleedrepitisie by Menlopark.
Vrydag
20 Sept
14:00 – 18:00 (?)
Kleedrepitisie by Menlopark.

(?)  Ons repitisietye wat ons gekry het is in die aande, maar ek het ‘n versoek gerig dat dit na skool moet wees.  Het nog nie terugvoer ontvang nie.


Ek wil weereens ‘n beroep op u doen.  Ek het bitter min tyd voor my orkes spandeer die afgelope tyd, daar was kort-kort ‘n ander dirigent voor hulle.  Dit bring mee dat en en die orkes mekaar nie meer gewoond is nie.  Hierdie week is van kardinale belang om ons weer te sinkroniseer en mekaar gewoond te raak.  Ek wil u dringend versoek dat u kind asseblief by die oefeninge moet wees om te kan optree.

Ek pleit al van die begin van die jaar af vir 100% teenwoordigheid en dat indien ‘n kind (matrieks uitgesluit) nie by ‘n oefening is nie, hy/sy nie gaan optree nie.  Ons is nou op daardie punt van ons voorbereiding!

Al die nuwe lede moet kennis neem dat hulle Dinsdag hul oudisies doen om te kan deelnaam aan die SA’s.  ELKE nuwe lid in die orkes of nuwe lid op ‘n instrument, moet hierdie oudisie aflê.  Indien ‘n kind nie gereed is nie, bly hy/sy deel van die orkes.  Hul gaan steeds saam SA’s toe, maar gaan net nie optree nie en indien die orkes sou wen, kan hulle geen erkenning kry nie.

Ek wil ook ons nuwe lede se ouer asook seniors wat nuwe SA-baadjies moet kry, versoek om dringend die kinders se baadjiegroottes deur te gaan aan mev Susan Tredoux.  Indien u NIE ‘n baadjie gaan koop nie, moet u haar ook laar weet.  Sms die kind se naam + baadjiegrootte na 082 568 0706.  Ons laat weet al hierdie week vir die borduurder hoeveel baadjies ons beoog om te kry.  Indien ons wen, laat weet ons haar op 24 September om voort te gaan met baadjies.  Ek sal u laat weet wat die kostes is.  Maar die belangrikste is dat almal wat baadjies gaan bestel, VANDAG asseblief vir Susan sal sms.  Indien ons niks van u hoor nie, neem ons aan dat u nie die baadjie gaan koop nie.  Ons kan nie laat bestellings later by vat nie!

Ouers, ek en die kinders het hierdie week u voorbidding en ondersteuning baie nodig.  Help my om op ‘n baie rustige wyse sonder om te baklei om die kinders by oefeninge te kry.  Ons gaan hard oefen die week en finaal afrond.

Groete!

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755


No comments:

Post a Comment