Wednesday 25 March 2015

Omsendbrief 6 van 2015

Geagte Ouers.

Vriendelik vra ek om verskoning dat ek so lanklaas gekommunikeer het.  Ek was vir 10 dae in die hospitaal en kommunikasie was nie moontlik nie.

       1.       PROGRAM

Ons program vir die week is soos volg:

1.1               Dinsdag, 24 Maart (14:30 – 16:00):  Orkes word ten volle ingelig oor die kamp en ontvang die kampprogram.  Ek is bewus daarvan dat die skool vroeg uitkom, maar daar is orkeslede wat by die revue-oefeninge betrokke is en ons het ook hellwat leerders van ander skole wat normale tyd eers uitkom.
1.2               U sal na vanmiddag ook die volledig kampprogram ontvang waarop alle kamerindelings, take ensovoorts op is.

      2.       KAMP

2.1               Ek heg my opsomming van inbetalings aan soos wat ek dit gister van die kantoor af ontvang het.  Maak seker dat u inbetalings korrek is en kontak my dadelik indien daar ‘n fout op is.
2.2               MOET GEEN GELD MEER BY DIE SKOOL INBETAAL NIE!!!  Indien u nou nog geld moet inbetaal, kontak my asb baie dringend.
2.3               Volgens die inbetalingslys is daar net ses gesinne wat die braai gaan bywoon.  U moet my asb baie dringend laat weet hoeveel van u (onthou, u gesin + u orkeslid) gaan die braai bywoon. Kwalata bestel hul vleis op Maandae en ek moet Sondag wanneer ons daar arriveer, die getal bevestig en die orkeslede en ouers se R85é inbetaal.  Hierdie R85é word in koevert geplaas met kind se naam, getal en bedrag daarop.  Gee dit asb Sondag by die bus vir Renee Hartzenberg.  Hul aanvaar net die getal waarvoor ek betaal.  Moet asb nie uitmis op hierdie ongelooflike kuier nie.  Dis werklik baie mooi daar en die atmosfees is uit die hemel.
2.4               Vir die braai bring u slegs u eie drinkgoed, gazebo’s (die son is baaaie warm) en kampstoele. Kwalata verskaf die vleis, slaaie, pap en sous en eetgerei.
2.5               Alle ouers met uitstaande kampgeld moet my asb dringend kontak.
2.6               Al die tye waarop ons werk is soos wat dit op die kampprogram aangedui is.  Leerders moet asseblief betyds by die bus wees Sondag sodat ons op tyd kan vertrek.
2.7               Ek wil u almal weereens uitnooi om die konsert en braai Saterdag, 4 April by te woon.  U sal nie glo wat u gaan sien en hoor nie – dis ‘n belofte!  Die hoogtepunt van ons kamp, u mag dit nie mis nie!  Aangeheg is padkaart na Kwalata.
2.8               Daar is nie ‘n bus terug skool toe na afloop van die kamp nie.  Die orkeslede ry saam met hul ouers terug huis toe ba afloop van die braai (ongeveer 14:00).
2.9               Elke persoon wat die natuurbewaringsgebied binne kom, moet R20 bewaringsfooi betaal.  U kaartjie word by Kwalata gestempel waar u u fooi betaal.  Daar is NIE toegangsfooi nie, slegs die bewaringsfooi.  Die orkeslede se bewaringsfooi is reeds by hul kampgeld ingesluit.
2.10            Indien daar enige vrae oor die kamp is, kontak my dadelik.
2.11            Wanneer ek die kampprogram teen more vir u stuur, sal ek meer inligting deurgee indien daar vrae is.
2.12            Laastens wil en baie baie dankie sê vir u samewerking met die betalings.  Ek weet dis baie geld, maar u sal NIE spyt wees nie!  Wag maar tot Saterdag… J

Vriendelike groete!!

Danie

Danie Smith
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR &
KONSERTORKES
Sel:  082 853 8698
Tel (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faks:  086 512 8755


No comments:

Post a Comment