Sunday 1 March 2015

Omsendbrief 4 van 2015



Geagte Ouers.

In die eerste plek wil ek vir u baie dankie sê vir al u hulp om die kinders by die orkes te kry, by praktiese musieklesse te kry en vir al u ondersteuning.

Dit gaan baie goed met die konsertorkes en mnr Clayton is baie tevrede. Dit is belangrik dat ons sy hande sterk maak deur te verseker dat al die orkeslede betyds en teenwoordig is by die oefeninge.

1. KAMP

1.1 Die kampreëlings is afgehandel. Al wat nog uitstaande is is die 50% deposito wat ek voor 6 Maart moet betaal.

1.2 Ek versoek u baie dringend om ten minste 50% van die kampgeeld teen Woensdag in te betaal sodat dit Vrydag op die skool se state kan wys.

1.3 Ek weet dit is baie geld om met een slag in te betaal, maar my dringende versoek is dat al die gelde hierdie week inbetaal word asseblief.

1.4 Die volle bedrag moetasb teen Maandag 23 Maart reeds by die skool inbetaal wees. Ek moet
23 Maart die gelde aanvra omdat die skool op Woensdag 25 Maar sluit. GEEN GELDE MOET NA VRYDAG, 20 MAART BY DIE SKOOL MEER INBETAAL WORD NIE!! Want dan gaan ek dit nie kan aanvra nie.

1.5 Ek heg vir u ‘n staat aan met inbetalings, maar dit sluit NIE verlede week se betalings in nie. Kontroleer asb u kind se naam en inbetalings. Stuur asseblief dadelik vir my ‘n boodskap indien daar foute op is.

Baie dankie vir u samewerking in hierdie verband.

2. BLOG

U kan gerus op ons blog inteken en daar al die e-posse, foto’s en orkesinligting kry. Die voorlopige JAARPROGRAM 2015 is bo-aan die blog beskikbaar:  Klofieorkes.blogspot.com

3. TOER

3.1 Ek is hard aan die werk met al die kwotasies om spoedig die toerprys saam te kan stel. Ek sukkel maar om goeie verblyf vir die groep te kry. Koshuise in die Kaap is reeds vol bespreek met toernooie. Goeie verblyf is peper duur. Gemiddeld R375 – R400 per persoon per nag vir bed en ontbyt.

3.2 Ek moet dringend weet wie van u beplan om saam te gaan en wie beplan om al die plekke saam met ons te besoek. Indien u saam met die orkes bespreek, kry u die afslag wat die orkes kry. Al die getalle maak dat ek vir afslag kan beding. Daarom het ek nou die getalle baie nodig. Kan u my asseblief sodra u hierdie e-pos lees, gou laat weet wie van u en u kinders wat nie orkeslede is, beplan om saam te gaan.

3.3 Daar gaan oop plekke in die bus wees en ek soek ouers wat bereid sal wees om saam met die bus te ry. Laat weet my ook asseblief dringend wie stel belang.

4. WEEKPROGRAM

Ons het bietjie van ‘n deurmekaar week wat voorlê. Hier is die program [Kliek om groter te maak]:


Baie sterkte vir die week en mag die Heer u seën met vreugde, vrede, voorspoed en gesondheid.

Groete!

Danie

Danie Smith
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR &
KONSERTORKES
Sel:  082 853 8698
Tel (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faks:  086 512 8755

No comments:

Post a Comment