Monday 9 March 2015

Omsendbrief 5 van 2015

Geagte Ouers.

Ek wil ook net van my kant af vir Eddie en die konsertorkes gelukwens met hul heel eerste optrede saam.  Dit was ongelooflik gewees en ek kan nie wag vir die volgende een nie!!

     1.     JAARPROGRAM vs WEEKPROGRAM: 

a.       Jammer vir die verskillende boodskappe wat per WhatsApp gestuur is rakende die nuwe lede wat dan optree en dan nie.  Ons sal dit van ons kant af beter bestuur in die toekoms.  Die reël is eenvoudig – as jy noe jou musiek kan speel nie, mag jy nie optree nie.  Ons het die nuwe lede wel toegelaat om op te tree Donderdagaand omdat ons nie in die oog was nie en om hulle die gevoel te gee van hoe dit voel om op te tree.  Maar dit was hul eie keuse.  In die toekoms sal die afrigter uitsluitsel gee van wanneer die nuwe lede wat heel beginners is, mag begin optree.  Nuwe orkeslede wat reeds kan speel, tree op soos gewoonlik.

b.      Ek het tydens ons oueraand vir u verduidelik rakende ons Jaarbeplanning.  Ons jaarbeplanning word die vorige jaar gedoen en hou nie boek met veranderinge wat plaasvind nie.  Daarom ontvan u ‘n weekprogram ter aanvulling van die jaarprogram.  ‘n Goeie voorbeeld is verlede week se e-pos wat die weekprogram op gehad het.  Daar sou u opgemerk het dat die naweekoefening en braai nie daarop was nie.  Die rede is dat dit nie sou plaasvind nie a.g.v. ‘n oefenplek en druk program van ons kinders probleem wat ons nie kon uitsorteer nie. U het hierdie e-pos verlede week Sondag ontvang en u het ‘n week voor die tyd geweet dat die oefening nie gaan plaasvind nie.  U wonder seker nou wat is die doel dan van so Jaarprogram.  Ek glo dat u sal verstaan dat daar afwykings van tyd tot tyd gaan kom.  Hou dus u e-posse dop! J

     2.     WEEKPROGRAM

Hierdie week se program is soos volg:

Ma - Sa


LEIER AAN DIENS: WIAN
Di
10 Maart
14:30 - 17:30
Weeklikse oefening in skoolsaal.
Do
12 Maart
14:30 - 17:30
Weeklikse oefening in skoolsaal.

Derby - Sentraal (Bloemfontein) by die Voortrekkermonument of moontlik die skoolsaal
Slegs lede waarmee gereël is.

DRAG:  KONSERTKLERE
   
     3.     FINANSIES, KWOTASIES EN KAMP- EN TOERPRYS

Hierdie is sekerlik die moeilikste paragraaf wat ek hierdie jaar nog moes skryf.  Lees dit asseblief in die gedagte van my ernstige probleem waarmee ek worstel.

Ouers, ek is ongelooflik bekommerd oor die aantal orkeslede wat die orkes verlaat het en steeds verlaat.  Dit bemoeilik my taak ongelooflik om die kamp- en toerfinansies te laat klop – ek is nou reeds te kort op die kampgeld van die kinders wat nog in die orkes is.  Elke keer as ek ‘n kwotasies aanvra en pryse uitwerk, werk ek volgens die getal kinders in die orkes.  Daar het sedert ek die kampgeld uitgewerk het al 9 kinders die orkes verlaat en sedert ek toer begin beplan het, al 6 lede.  Elke keer moet die berekeninge oor gedoen word en moet ek die kinders wat die orkes verlaat se deel weer by die wat oorbly indeel. En so word dit al hoe duurder en duurder.

Indien u kind die orkes nou voor die kamp verlaat, gaan u ongelukkig vir ‘n gedeelte van die kampgeld op u skoolgeld gehef word.  Besprekings is alreeds gefinaliseer en ons moet betaal.  Dit is die realiteite van ons finansies. 

Indien u nou u kind uit die orkes gaan haal, gaan u ongelukkig vir die vervoergeld verantwoordelik gehou word.

Ek dink nie dis regverdig dat kinders kom en gaan en die wat oorvly moet opdoken gestraf word vir ander kinders wat nie meer kans sien om aan te gaan nie.  Ek glo dat u sal verstaan dat hierdie ‘n baie moeilike situasie is en wat nou bestuur moet word.

Ek glo u sien die probleem in en het begrip vir die dilemma waarin ek geplaas word.  L 
  
     4.     KAMP

4.1               Die kampreëlings is reeds afgehandel en ons deposito is betaal.  Baie baie dankie aan al die ouers wat reeds die kampgeld inbetaal het.
4.2               Ek is net bekommerd oor die aantal besprekings vir die braai, maar daar is darem nog tyd J!  Onthou asb om die regte inbetaalprosedure en verwysing met getal te gebruik.
4.3               Indien daar van u is wat die afsnydatum vir inbetalings by die skool gaan mis (Maandag, 23 Maart indien u by ABSA bank), moet u my asb dringend kontak. 
4.4               Onthou dat indien u nie by ABSA bank nie, dat u in berekening moet hou dat u betaling op 23 Maart op die skool se bankstate moet wys.  U kan nog in kontant op die 23ste inbetaal. 
4.5               Ouers, hierdie kamp is uiters waardevol vir elke orkeslid en is ook ‘n voorvereiste om deel te kan neem aan die SA’s.  Daar word baie aandag aan elke kind gegee en elke kind vorder ongelooflik baie.
4.6               Laastens wil ek u net weer herinner aan ons ouerkonsert die saterdag en die braai daarna.  Dis die kamp se hoogtepunt!!  Sien u daar!
4.7               Sodra die skool se finansiële state opgedateer is, stuur ek vir u die nuutste weergawe van ons kampinbetalings.

     5.       TOER

Soos u in paragraaf 3 gelees het, is ek uiters bekommerd oor die doer wat baie duur kan word.  Die orkes is klein en die onkostes word al hoe hoër.  Ek wil u weereens uitnooi om vir die geleentheid gebruik te maak om saam met ons in die bus te toer.  Sodoende kan daar baie meer mense help dra aan die onkostes. 

Ek wil net bevestig dat die volgende persone het sovêr aangedui om saam in die bus te toer en gebruik te maak van die busvervoer, verblyf, etes en toegangsfooie alles ingesluit:

a.       Gerdinand en Hanlie Burger (2)
b.      Henriëtte en Annelie Booyse (2)
c.       Elza du Preez (1)
d.      Anneke Vermaak (half bus) (1)

Die volgende ouers toer saam, maar met eie vervoer en maak gebruik van verblyf, etes en toegangsfooie alles ingesluit:

a.       Jannie, Carin en Ouma Hartzenberg  (3)
b.      Caro en Gideon Pretorius (2)
c.       Karien Wolhuter (1)
d.      Russell en Adele du Preez (2) + sleepwa

Albei bogenoemde groepe ouers moet dit asseblief met my bevestig dat dit korrek is.  Maak seker al die name is op die lysie.  Ek kort iemans maar kan nie onthou wie dit is nie!!  L

Laastens wil ek ook net noem dat ek ook besig is om met die trein te onderhandel – ‘n baie goeie en goedkoper opsie op hierdie stadium…  J

Seënwense vir u almal!

Groete.

Danie

Danie Smith
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR &
KONSERTORKES
Sel:  082 853 8698
Tel (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faks:  086 512 8755


No comments:

Post a Comment