Tuesday 26 August 2014

Waterkloof Konsertorkes inligting 25 Aug 2014

Beste konsertorkes ouers

Hiermee wil ek net die volgende inligting aan u deurgee.

Daar is Dinsdagaand 26 Augustus orkesoefening vanaf 17:30-19:45 in die skoolsaal ter voorbereiding vir die reeks konserte wat op ons wag. Daar sal nie orkesoefening op donderdagaand plaasvind nie!

1. UP Etensuurkonsert en Tshwane Jeugkunstefees Gala-aand

Vind asb aangeheg (MS Excel dok), die skedule vir donderdag en saterdag se verrigtinge. Die twee optredes beloof om 'n wonderlike ervaring vir die kinders te wees en ideale voorbereiding vir die SA's. Byvoorbaat dankie vir u ondersteuning vir hierdie komende week. Ook baie dankie vir die afgelope ekstra naweekoefening wat baie goed afgeloop het!

2. Orkes Gala-aand 18 Oktober

Hiermee die volgende inligting rakende ons Orkes Gala-aand saam Kaleidoskoop...
Ouers betaal R120 per kaartjie elektronies by die kantoor. Gebruik asb verwysing: 8030/052/kind se naam. Indien u kind self gelde gaan inbetaal, kry 'n kwitansie en gee vir Michelle Hartzenberg tydens orkesoefeninge. Kaartjies sal afloop van betaling deur Carin Hartzenberg aan ouers voorsien word tydens orkesoefeninge.

Doel van die funksie: Om geld in te samel, u samewerking hiermee word opreg waardeer!
NB: Die uitgawes word tot die minimum beperk om so veel as moontlik wins te maak. Vanjaar se funksie verskil heeltemal van laasjaar se funksie waar dit nie 'n fondsinsamelings konsert was nie. Laasjaar se Gala-aand het baie uitgawes opgelewer (10 jaar reunie) en dus wil ons vanjaar so veel as moontlik uitgawes beperk.

Na afloop van die Gala-aand, sal die winste tussen die kinders wat kaartjies verkoop het, verdeel word. Die wins per kaartjie sal uitgwerk word en vermenigvuldig word met die aantal kaartjies wat op die kind se naam verkoop is. Hierdie wins sal dan aan die kind se naam geboek en bewaar word.

U samewerking mbt die Gala-aand sal opreg waardeer word en die ouers se betrokkenhied hiermee is van groot belang!

Kontak asb Me. Carin Hartzenberg vir verdere inligting rakende die Gala-aand.

3. PvR Dorpfees 3 September

Aan belangstellendes, kaartjies hiervoor beloop R100 per persoon en moet in 'n koevertjie met naam en aantal persone geplaas word en aan Michelle Hartzenberg gegee word. Kom ondersteun asb die orkes hier ook om die gemeeskap op so wyse te dien.

Lekker week verder en sien jul by ons konserte!

Vriendelike groete,

Jaco van Staden
(Afrigter en dirigent)


No comments:

Post a Comment