Wednesday 20 August 2014

Epos: Naweekoefening, weekprogram 20 Augustus 2014

Geagte ouers

Hiermee wil ek net die res van die week en naweekprogram aan u deurgee:

1. Oefening, donderdagaand 18:00-20:00: Seksieoefeninge olv leiers en Mnr Jaco (skoolsaal nie beskikbaar nie).

2. Naweekoefening: skedule vir naweekoefening:


Net kortliks, die oefeningtye is Vrydag 22 Aug, 15:30-20:00 en Saterdag 23 Aug, 11:00-16:00.

Let asb op dat die kostes vir die naweek se etes R60 per kind sal beloop. Daar word net 2 etes bedien (sien skedule) en kinders moet asb saterdag ontbyt self by die huis eet. Kontak asb vir Me Anneke Vermaak as u kind 'n ete gaan misloop!

3. Pierre van Reyneveld dropsfees: (plakkaat aangeheg)


Klik op foto om na die webblad te gaan
LW: CAMEO OPTREDE  BY HIERDIE GELEENTHEID DEUR:

Klik op foto om na die webblad te gaan

Carin Hartzenberg stuur die volgende inligting ivm die dorpsfees:

Tafels 11-20 is aan ons toegewys om 10 kaartjies per tafel te verkoop @ R100pp. Die kerk maak die tafels mooi en voorsien kos en wyn per tafel.

Hulle sal die orkeskinders kos gee maar nie by die tafels nie en ook teen geen kostes vir ons nie. Nader aan die tyd sal ek tafelplasings oopgooi en kan ouers self besluit by watter tafel en saam met wie wil hulle sit. Ons het reeds 5 tafels uitverkoop!

Ouers kan my asb net sms as hulle plekke wil bespreek na Carin by 08********. Ek sal laat weet waar en wanneer en hoe ons die geld sal inbetaal.

Vind asb ook aangeheg die repertorium wat op daardie aand gespeel gaan word deur die orkes:



4. Kamermusiek konsert 5 September

My kamermusiekgroep AirFlair Wind Quintet speel 'n konsert by Brooklyn teater Vrydagaand 5 September om 20:00. Kom ondersteun ons asseblief. Dit beloof om 'n wonderlike musiekaand te wees. Die groep bestaan uit Fluit, Fagot, Klarinet, Oboe en Franse Horing. Kaartjies is tussen R80-R115 by www.brooklyntheatre.co.za

Inligting vir leerders wat belangstel: Leerlinge wat belangstel om te kom kyk kan 'n kaartjie kry teen R50/kind. Kontak asb 012 3463474 (Jean-Pierre Verster) en bespreek die kaartjie vir u kind onder Mnr Jaco van Staden.

Kaartjies word dan direk aan die koper gestuur en toon dit by die ingang die aand van die konsert. Die doel van die konsert is om kamermusiek aan die publiek en skoolkinders bekend te stel. Ek sal die plakkaat van die konsert ook deurstuur indien u nie ontvang het nie.

Vriendelike groete,

Jaco van Staden
Konsertorkes Afrigter en Dirigent


No comments:

Post a Comment