Sunday 10 August 2014

Jaco (se eerste) E-pos 16/2014




Geagte ouers

Hoop julle het 'n lekker naweek gehad!

Hiermee graag die volgende inligting rakende die volgende week 11-17 Augustus 2014.

Let wel, ek het u boodskappe ontvang oor kinders wat nie die oefeninge kon bywoon nie, baie dankie. Ek vra asb dat u kind so veel as moontlik oefeninge by woon ter voorbereiding vir die komende baie belangrike konserte wat die orkes gaan doen en elke leerling is belangrik. Dis baie moeilik vir my om met 'n orkes te werk as almal nie teenwoordig is nie.

1. Klofie Kultuurkarnaval

Hiermee wil ek elke ouer en leerling bedank wat betrokke was by woensdagaand se kultuurkarnaval. Dit was regtig besonders, die orkes het baie goed geklink en daar is baie positiewe terugvoer oor hoe die orkes gespeel het.

Aan al die ouers wat betrokke was by die tafels met die voorsien van etes ens., baie dankie dit word opreg waardeer. Dit was 'n baie spesiale aand vir my en Ané en ons het elke oomblik baie geniet.

En geluk aan tafel nr. 4!...

2. Naweekoefening

Aangesien die matrieks eers later met rekordeksamen begin word die naweekoefening van 15/16 Aug gekanselleer.

Ek is nog nie seker oor die naweek van 22/23 Aug, maar ek sal u op hoogte hou.

3. Oueraand 11 Augustus

Datum: Maandagaand 11 Augustus

Tyd: 19:00
Plek: Ouditorium

Sake wat bespreek sal word:

Opening en verwelkoming: Lumar Schutte (Hoofleier)
a. Jaarprogram, oefentye en optredes (Mnr. Jaco van Staden & Mnr. Danie Smith)
b. Terugvoer aan al die ouers ivm Gala-aand (Carin Hartzenberg)
c. Algemeen

4. Gauteng Philharmoniese Orkes (GPO)

Ek is hierdie week elke aand vanaf dinsdagaand betrokke by die GPO en Mnr Danie Smith sal die oefening dinsdag waarneem. Donderdagaand is die GPO se kleedrepitisie en slegs leerlinge kan bywoon as hul R50 elk betaal. Hul moet dan in skoolklere gaan.

Dit is nie verpligtend om by te woon vir die leerlinge nie, maar dit sal vir hulle 'n groot geleentheid wees om 'n orkesoefening by te woon. Kontak asb Mnr Danie Smith vroegtydig as u kind belangstel om te gaan.

As u selfs belangstel om die konsert by te woon, die konserte vind plaas op 15 Aug 20:00 en 17 Aug 15:00 by die Brooklyn teater, kaartjies beskikbaar by www.brooklyntheatre.co.za of by die deure.

Program: Rossini Barber of seville Overture

R. Wagner Siegfried Idyl
J. Sibelius Valse Triste
Paganini vioolkonsert no.1, Solis: Emanuel Bach
Lekker week en sien julle more-aand.


Vriendelike groete,
Jaco van Staden
(Afrigter en dirigent)














Paar foto's van die Kultuuraand:



























No comments:

Post a Comment