Monday 4 August 2014

Boodskap vanaf Jaco en Epos Nr 15: 4 Augustus 2014

Beste Orkes leerlinge en ouers.



Baie dankie vir die wyse waarop julle my sover ontvang het by die orkes, die verwelkomingsnaweek was baie spesiaal vir my. Julle het my baie welkom laat voel en ek is slaggereed om lekker saam julle almal te werk!


Groete,

Jaco van Staden


Epos 15:


Geagte ouers.

In die eerste plek wil ek vir elke ouer onder leiding van Carin Hartzenberg, bedank vir julle harde werk Saterdagaand met Jaco se funksie.  Dit was een van my lekkerste kuiers die afgelope 10 jaar.  Dit is my wens (hoor mooi Jaco!!!)  dat hierdie kuiers baie gereeld sal wees.  Baie dankie aan elke ouer vir u bydrae.

Dan mammas wat regtig baie hard werk agter die skerms is ons kosmammas.  Baie dankie Anneke en Nicolene en almal wat julle so van tyd tot tyd help.  Julle doen ‘n groot werk om al daai kos te maak en ook om elke keer al daai skottelgoed te moet was.  Ons waardeer dit regtig baie.  ‘n Naweekoefening sal nooit dieselfde wees sonder ons kosmammas nie – julle is absoluut net puik!!


Ek salgraag van ons ouers wil afskeid neem en dankie sê tydens ons oueraand.


Jaco het my gevra om die volgende e-pos aan u te rig.  Rig asseblief alle navrae direk aan Jaco.  My rol keer nou terug na normaal as Direkteur Kultuur.

My rol as direkteur is dat die konsertorkes direk onder my pos resorteer en ek is verantwoordelik vir die orkes as ‘n.  Die afrigter rapporteer direk aan my en u as ouers kontak my wanneer bv. ‘n dispuut met die afrigter nie uitgesorteer kan word nie.  Moet asseblief nie oor Jaco se kop spring en my, Mev Fouche en Mnr Potgieter direk kontak nie.  Ek wil u versoek om asseblief die lynfunksies te volg.  Kom ons vat almal saam hande en help vir Jaco en die kinders om die oorname en veranderings so maklik as moontlik te maak.

Jaco se kontakbesonderhede is soos volg:
[Op oorspronklike epos beskikbaar]

     1.     PROGRAM & OEFENTYE

1.1   Jaco het die naweek met die orkes gepraat i.v.m. oefentye wat as gevolg van sy kontraktuele verbintenisse vir 2014, sal moet verskuif na (17:30) 18:00 – 21:00 op Dinsdag- en Donderdagaande.  Hy verstaan dat dit groot aanpassings en opofferings sal verg en dat daar baie botsings gaan wees.  Kontak asb vir Jaco indien daar enige probleme hiermee is sodat botsings ens. vroegtydig uitgesorteer kan word.
1.2   Die rekordeksamen begin 3 September en nie meer middel Augustus nie.  Al die naweekoefeninge vir Augustus verval dus.
1.3   Vergewis asb uself van alle optredes wat voorlê.  Dit is volledig op die kwartaalprogram wat ek reeds vir u gestuur het.

     2.     OUERAAND

2.1   Jaco het ook versoek dat die oueraand verskuif na volgende week Maandagaand om hom die geleentheid te gee om eers alle botsings uit te sorteer en om eers die orkesprogram en funksies behoorlik te bestudeer.  U begrip sal baie waardeer word.  Daar sal dus vanaand geen oueraand wees nie.
2.2   Oueraand:  Maandagaand, 11 Augustus om 19:00 in die Ouditorium / personeelkamer.

     3.     STAATSTEATER

Alle kaartjies moet op 6 Augustus betaal word.  Orkeslede moet asb op die laatste Woensdagoggend tydens voogperiode die R65’e KONTANT by die kantoor gaan inbetaal en vir Susra sê dis vir die Staatsteater.  Die kaartjies word die week van die optrede eers afgelewer.

     4.     MUSIEK GALA-AAND

4.1   Orkeslede betaal moreoggend hul R55 in by mev Carina Taute in K45.  Hul ontvang Woensdagaand dan lasagne, slaai en broodrolletjie.
4.2   Die orkeslede eet Woensdagmiddag in die personeelkamer.
4.3   Ons sal vir u deur die loop van vandag of more die finale reëlings en tye vir Woensdagaand aan u kommunikeer.  Ek skat dat die tye soos volg sal loop:

4.3.1              16:00     Maak verhoog reg.  Meisies se hare en grimering moet klaar wees.
4.3.2              16:30     Eet in personeelkamer.
5.3.3              17:00     Trek konsertklere aan (seuns in my klas en meisies in B2 o.l.v. Michelle).
5.3.4              17:30     Klanktoets op verhoog.
5.3.5              18:00     Begin opwarm en stem.
5.3.6              18:50     Opstap.
5.3.7              19:00     Konsert begin.

Die program is verweef met orkes, koor en msiekleerders.  Die aand word afgesluit met ‘n finalé waar die koor, orkes en al die deelnemers saam die skoollied sing o.l.v. die konsertorkes.  Dit gaan ‘n baie mooi aand wees! Sien jul daar!!

     5.     GPO KLEEDREPITISIE
Boodskap van Jaco af:

“Net gou die volgende inligting wat mnr asb vir die ouers kan e-pos om verwarring te vermy ivm die Gauteng Philharmoniese Orkes (GPO):
Die kleedrepitisie kan net deur skool kinders bygewoon word en elkeen moet R50 betaal.
Die oefening moet dan in skoolklere bygewoon word. Net skoolkinders mag van die geleentheid gebruik maak want hul wil vir kinders juis die geleentheid gee om sulke goed te kan bywoon. Besprekings daarvoor moet by Nanda Cloete gedoen word direk per e-pos na nanda@brooklyntheatre.co.za, en kan die R50 by die deur betaal op daai aand. Daar sal iemand by die toonbank wees. Die oefening is 19:00-22:00 met 'n breuk ongeveer 20:30.

Geen volwassenes kan die kleedrepitisie bywoon nie, net die betrokke onderwyser saam met die leerlinge.
Maar as hul belangstel in ons optredes, ons tree op 15 Aug om 20:00 en 17 Aug om 15:00 in die Brooklyn teater. Kaartjies is beskikbaar by www.brooklyntheatre.co.za of by die deure. Kaartjies kan ook vir die res van die jaar gekoop word op die webwerf en dan kry mens so bietjie afslag daarvoor.”

Ek wil ons ouers versoek om my te laat weet indien u kind wil gaan.  Ek sal die kinders vergesel en sal ook die plekke vir ons bespreek, dan weet ek ook hoe groot bus ek moet bespreek.  Antwoord sommer op hierdie e-pos, dit maak dit net vir my makliker.

Beste wense.

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
Sel:  082 853 8698
Tel (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faks:  086 512 8755


















No comments:

Post a Comment