Sewentien uur vanaf Pretoria na Nelspruit.
Wat is fout met daardie sin?
Niks nie.
Dis waar.
Waaaaaahhhh!!!!!!
Die toer het om 03:20 afgeskop in die skool se
parkeerterrein vanoggend en ons het almal veilig net voor 20: 00 hier in
Nelspruit aangekom.
Die foto’s hier is chronologiese en is glad nie gemodereer nie. Jammer daaroor.
Dit dek die hele spektrum van die dag se
aktiwiteite vanaf onsvertrek tot afsluiting vanaand in die koshuis gang..
Maar dis nou slaaptyd (daar is ‘n onaardse stilte hier in
die koshuis .............o ja – almal slaap;) )
Ek sal more probeer om ‘n beter poging aan te wend. Goeienag!
NS: Hoogtepunt van
die dag (wat ons reistyd so verleng het:
die “Zipline” Julle kinders gaan
moeilik ophou praat daaroor as hulle julle weer sien – Awesome!
No comments:
Post a Comment