Wednesday 23 July 2014

Epos 1/3 23 Julie 2014

Geagte ouers.

Baie welkom terug na die heerlike opwindende Innibostoer.

     1.       INNIBOS

Gun my die geleentheid om te versoek om hierdie bedankings tydens ons oueraand te doen.  Ek is so verskriklik dankbaar vir alles dat ek dit baie graag vir die laaste keer al my bedankings in persoon sal wil doen.

     2.       KULTUURKARNAVAL

Die karnaval is al op ons en ons sal moet wikkel om ons kaartjies te verkoop vir die tafels van ons musiekaand op Woensdag, 6 Augustus.  Hierdie is waarlik ons heel eerste spoggeleentheid by die skool vir 2014.  Rig asseblief alle navrae aan Mev. Carin Hartzenberg.  Ons gasvroue en gashere moet haar asseblief dringend kontak vir verdere reëlings. 

U sal eersdaags ‘n epos in hierdie verband ontvang.

Die Kultuur Gala-aand is 8 Augustus.  Ons tree by albei geleenthede met konsertklere op.

     3.       JAARPROGRAM

Die jaarprogram is vir u aangeheg.  Kyk asseblief daarna en help ons om te verseker dat ons met elke oefening en elke optrede ‘n volledige orkes teenwoordig het.

     4.       NAWEEKOEFENINGE

Ons naweekoefeninge gaan voort soos aangedui op die jaarprogram. 

     5.       TSHWANE JEUGKUSTEFEES GALA-AAND

5.1               Die gala-aand is saterdagaand 30 Augustus in die Staatsteater.
5.2               Daar is slegs 60 kaartjies beskikbaar.  Kaartjies is R65 per kaartjie en word by die kantoor inbetaal.  Ek het nog nie ‘n verwysing vir elektroniese inbetalings gekry nie, maar stuur die verwysing so gou moontlik.  Die eerste 60 wie se gelde inbetaal is kry die kaartjies!!
5.3               Leerders kan gelde kontant al gaan inbetaal onder STAATSTEATER.  Maar moet asb nog NIE elektroniese inbetalings maak voordat ons ‘n verwysing het nie!!

Nou ja, dit was ‘n mondvol!!

Groete.

Danie

[Die jaarprogram is bo-aan die blog geplaas asook Innibos foto's wat ons van een van die amptelike fotograwe van die Innibos fees ontvang het]

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
Sel:  082 853 8698
Tel (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faks:  086 512 8755















No comments:

Post a Comment