Geagte ouers.
Jammer vir die e-pos droogte wat uitgebreek het. Dit
gaan nou weer beter en kommunikasie sal nou weer tot normaal herstel!! J
Ons gaan nou nogals in ‘n besige tydjie in met baie
hoogtepunte. Die heel eerste hoogtepunt is die verwelkoming van ons nuwe
afrigter eerskomende naweek.
1.
BESONDERE
PRESTASIE
Baie geluk aan ons
Onderhoofleier, Alexander de Kock, wat uitgenooi is om saam met die Stuttgart
Jeugsimfonie-orkes op te tree tydens hul besoek aan Suid-Afrika. Baie
geluk Alexander, ons is trots op jou.
Alex de Kock |
2.
WEEKPROGRAM & NAWEEKOEFENING: 1 & 2 AUGUSTUS
DAG
|
TYD
|
BESKRYWING
|
Donderdag, 31 Julie
|
GEEN oefening.
Die saal word deur die
Klofie Kultuurfees gebruik en van ons orkeslede neem deel.
|
|
Vrydag, 1 Augustus
|
14:30 – 15:00
15:00
17:30 – 18:00
19:30
20:00
21:00 – 21:15
|
Baie streng
uitpakinspeksie. Kinders wat hierdie inspeksie weereens aflag, sal met
15A gestraf word.
Oefening begin o.l.v. Mnr
Danie.
Aandete.
Voorbereidingsoefening vir
mnr Jaco se verwelkomingskonsert o.l.v. Mnr Danie.
DRINGENDE VERGADERING: Al die ouers wat wil help met ons Orkes se Gala-aand
op 18 Oktober.
Die
organiseerder is Carin Hartzenberg: 082 5597 118
Tee.
Oefening gaan voort.
Opruim van skoolsaal.
|
Saterdag, 2 Augustus
|
09:00
09:30
|
Ligte ontbyt in
personeelkamer.
Lede wat inspeksie gedruip
het ontvang 15A en staan weer uitpakinspeksie.
Berei Dome voor vir
Bring-en –Braai.
Oefening begin o.l.n. Mnr.
Danie.
Tee.
Oefening gaan voort.
Middagete.
Mnr. Jaco neem amptelik
oor.
Voorbereidings vir Konsert
en braai o.l.v. Mnr. Danie
Verwelkomingskonsert.
Mnr. Jaco neem oor.
Bring-en-Braai en ‘n verwoestende
lekker warm kuier in die Dome J.
Orkes ruim op.
|
2.1
Bring-en-Braai:
Vriendelik versoek ek u
almal om die braai by te woon. Ons moet almal mekaar nog beter leer ken,
so ook vir Jaco en Ané. U ondersteuning en bywoning sal hoog op prys
gestel word. U het reeds die uitnodiging met detail ontvang.
Ek vir vriendelik vra dat
ons Pa’s asb charcoal vir die braaiers sal saam bring en indien u ekstra hout
het vir die konkas sodat ons lekker warm kan kry! J
Daar sal tafels en stoele
uitgesit word.
PARKEER ASB. BINNE DIE
SKOOLTERREIN. Daar is parkering onder die afdakke by die tennisbane langs
die Dome. Moet asb. nie buite parkeer nie, dit is onveilig.
2.2
Etegelde
Daar is nog verskriklik
baie R80’e vir etes uitstaande. Vereffen asseblief hierdie rekeninge so
gou moontlik by Anneke Vermaak.
3.
KLOFIE
KULTUURKARNAVAL
Baie baie dankie aan ons gasheer en gasvroue wat so
hard werk agter die skerms vir die Musiek Gala-aand op 6 Augustus. Neem
asseblief dat daar nie op Vrydagaand 8 Augustus nog ‘n Gala-aand is nie (ek het
dit verkeerd gehad).
Die gasheer en gasvroue moet hul geld direk by die
kantoor inbetaal (u kind kan dit ook gaan inbetaal). Dan ontvang u ‘n
koevert met u tafel se kaartjies in.
4.
OUERAAND
Datum: Maandagaand, 4 Augustus
Tyd: 19:00
Plek: Ouditorium
Sake wat aandag sal moet geniet:
Opening:
Alexander de Kock (Onderhoofleier)
Verwelkoming:
Lumar Schutte (Hoofleier)
a. Nuwe
dirigent deel sy visie met ons, organogram ens. (Mnr Jaco van Staden)
b. Jaarprogram
en oefentye saam met die nuwe dirigent (Mnr Jaco van Staden en Mnr Danie Smith)
c. Terugvoer
aan al die ouers i.v.m. die Gala-aand, 18 Oktober (Mev. Carin Hartzenberg)
d. Sake
wat Mnr van Staden nog wil aanraak.
e. Algemeen
5.
NASIONALE
JEUGKUNSTEFEES GALA-AAND
Die Kunstefees Gala-aand vind
plaas op Saterdagaand, 30 Augustus. Meer detail volg later.
Die sluitingsdatum om kaartjies
te koop in 6 Augustus. Ons moet dan die geld oorbetaal en dan ontvang ons
ons kaartjies. U sal moet spring omdat daar beperkte sitplekke is en ons
kan GEEN sitplek reserveer nie. Dit is kaartjies met kontant!
Kaartjies kos R65 per persoon en
moet op die laatste 6 Augustus IN KONTANT by die kantoor inbetaal word. HIERDIE GELDE MOET NIE ELEKTRONIES INBETAAL WORD NIE.
Ek het reeds die elektroniese inbetalings laat oorplaas. Die eerste 30
ouers wat betaal kry die kaartjies. U kan soveel kaartjies koop as wat u
wil hê – daar is nie ‘n beperking op die aantal kaartjies nie.
Vriendelike groete!
Danie
D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
Sel: 082 853 8698
Tel (skool): 012 – 347 0277 X 130
Faks: 086 512 8755
Maandagoggend se optrede vir die skool:
Skoolhoof: Mnr Daan Potgieter |
Adjunkhoof: Mnr Burger Lindeque |
Opwarm: Stilte voor die storm! |
As Klofies iets doen, doen hulle dit ordentlik: Daar was ook 'n Laservertoning |
Sarah en Nina |
Siebert en Alex |
Louise |
Damien (Bernard en Frané) |
Izahn, Alicia en Kudu (voor Innibos was sy Noenoe) |
Elmarie en Lara |
Mnr Neils de Villiers, Mev Barbara Olivier, Libbe Loubser en Carli Loock |
No comments:
Post a Comment