Sunday 18 August 2013

Musaion Optrede Donderdag 15 Augustus 2013

ETENSUUR KONSERT BY DIE MUSAION
UNIVERSITEIT VAN PRETORIA



Boodskap aan Orkes vanaf Maestro:


"BAIE GELUK ORKES MET JULLE PUIK VERTONINGS DIE AFGELOPE WEEK. EK IS BAIE BAIE TROTS OP JULLE!!"


Die volgende is terugvoer wat na afloop van die optrede na die skoolhoof mnr Potgieter gestuur is: 

SMS'e:

"Bravo Bravo Bravo - het nie genoeg woorde - mees genotvolle musisering, you do us proud! "
Mev Barbara Olivier.

"Meneer ek het nou nie die orkes van sy begin-dae af geken nie, maar ekt nog nooit die orkes so gesien nie. Ekt van die begin af hoendervleis gehad.

Ek dink die orkes is al lankal verby SA's wen vlak vir die jaar.
Baie geluk, eks trots om in die orkes te gewees het. "


SW Minnaar

En Epos:

Aan die Skoolhoof, Hoërskool Waterkloof

Beste mnr Potgieter,

Namens UP Kunste wil ons ons gelukwensinge en dank oordra met die uitstekende optrede van die Hoërskool Waterkloof Konsertorkes tydens die Leo Haese Etensuurkonsert in die Musaion vandag. 

Dra asseblief ons gelukwensinge ook oor aan die puik dirigent mnr Danie Smith asook aan al die orkeslede.  Die skool en orkes is bevoorreg om so talentvolle dirigent as personeellid te hê wat die orkeslede lei en inspireer om sulke pragtige musiek uit te voer en die prestasies op hul kerfstok te behaal.

Ons wens u alles van die beste toe met die skool se aktiwiteite vir die res van hierdie jaar.

Vriendelike groete,

Pamela Oosthuizen
Organiseerder Etensuurkonserte &
Koorbestuurder Universiteit van Pretoria Camerata
UP Kunste
Universiteit van Pretoria

Beste mnr Potgieter

Ek het pas teruggekeer van die middagetekonsert in die Musion by UP. Ek is absoluut verstom en beindruk met die optrede van die Hoërskool Waterkloof se konsertorkes! Ek het al vele konserte op kampus bygewoon, van juniorvlak tot professioneel en ek moet sê dat daar selfs profesionele kunstenaars is wat nie sal kan kersvashou met die vlak van julle orkes nie! Die kinders se netheid, dissipline en vlak van musiek is absoluut iets om oor hoendervleis te kry! Ek het die orkes al by vele geleenthede gehoor maar dis vandag die eerste keer in 'n teater met ordentlike akostiek. Dit was absoluut asemrowend!

Ek wil eintlik net my waardering uitspreek teenoor jou en jou personeel vir die wonderlike werk wat julle met die kinders doen! Ek besef toe ek na hulle luister dat dit nie net Danie Smith is wat sulke fantastiese werk doen met hulle nie maar elke personeellid in die skool. Dankie ook aan jou, die hoof wat toelaat dat die kinders vlerke kry op vele gebiede. Ek wens jou geluk en jy kan met reg trots voel! Mag Hoërskool Waterkloof geseënd wees elke dag!


Francois vd Westhuizen


From: barbara.olivier
Sent: Friday, August 16, 2013 11:39 AM
To: All Staff
Subject: konsertokes - uit my hart

In aansluiting by die hoof se opmerking oor die Konsertorkes se optrede in die Musaion gister, wil ek ook iets byvoeg.

Die Musiekpersoneel het ‘n groep leerders van gr. 8 en 9 vergesel na Tukkies vir die Etensuurkonsert.

Dit was egter nie net ‘n konsert nie, maar ‘n skouspel!  Vanaf die eerste oomblik wat die orkeslede die ouditorium binnegestap het, kon ‘n mens die dinamiese wisselwerking tussen orkeslede, asook die dirigent en die orkes aanvoel.  Die atmosfeer was deurentyd gelaai, omdat die een na die ander item op die mees innoverende, interessante en oorspronklike wyse uitgevoer  is. 

In die Musiekdepartement kry ons dikwels beginner-musikante, wat soms die mas opkom, en soms nie.  Danie het van hierdie leerders geneem en hulle laat glo in hulself, en hulle laat groei in hulle potensiaal – in die woorde van Josh Groban se lied “You (Danie) raise them up to more than they can be”!

BRAVO BRAVO BRAVO!


Uit my hart!
Barbara Olivier
Musiekdepartement  











1 comment:

  1. Sjoe - dit gee mens hoendervleis as jy al die mooi kommentaar lees! Aan elke orkeslid - julle werk baie hard en julle verdien dit!. Aan Danie en almal wat hom bystaan - van hare vleg tot foto's neem - baie dankie vir julle tyd en en moeite!
    Rose Burger

    ReplyDelete