Monday 12 August 2013

Danie Epos Nr 23: 12 Augustus 2013

Geagte Ouers.

      1.      JAARPROGRAM
Ontvang hiermee ons Jaarprogram wat redelik opgedateer is.  Ons sal volgens hom werk en indien daar veranderinge kom, sal ek u per epos laat weet.

    2.  OPTREDES
Ek wil asseblief ‘n dringende beroep op u doen om u kind af te laai op die tyd wat ek gee om die bus te laai.  Ons vertrek omtrent elke keer sodra die bus gelaai is.  Dit is die hele orkes se verantwoordelikheid om die busse te laai, nie net sommiges nie.  Ek laat ook nie die bus wag vir kinders wat laat is nie, want dit maak dat die hele groep wat betyds was, laat is.  Ek vra om verskoning vir die misverstand met Woensdag se vertrek waar ek vir die kinders per WhatApp laat weet het hulle moet half 4 hier wees want ons ry dadelik sodra ons klaar gepak het.

    3.  GALA-AAND

Ek verwys maar nog na die Gala-aand, maar dis eintlik my afskeidskonsert en reunie!! J  Die reëlings vorder fluks en u sal eersdaag meer inligting ontvang. 

Ons doelwit is weer dat elke gesin 20 kaartjies verkoop @R120 per kaartjie (daar is gesinne met meer as een kind!).  Daar is ongeveer 900 kaartjies om te verkoop.  Kom ons kyk of ons weer die ouditorium kan uitverkoop!! J  Sodra die kaartjies beskikbaar is, sal ek vir u meer inligting gee van hoe die sitplekke bespreek word. 

Indien u nou al geld wil inbetaal, kan u dit normaalweg by die skool inbetaal en vir mev. Nana Cilliers die bewys van betaling gee / epos.  Die verwysing is slegs die volgende:

ORKES-GALA-Kind se naam.

MOET ASSEBLIEF NIE HIERVAN AFWYK NIE.  En onthou, “first come, first serve!!”.  Geen sitplekke word uitgehou nie en sitplekbesprekings word slegs gedoen op en met die bewys van betaling!!!!!

Baie dankie aan die ouers onder leiding van Carin Hartzenberg wat gereeld bymekaar kom en so hard werk. U vergadering van 22 Augustus moet ongelukkig uitgestel word.  Carin sal julle kontak.

    4.  PROGRAM VIR DIE WEEK

Ons program is aangeheg.

Onthou om asb vir u kind ‘n kospakkie te pak vir Vrydag.  Ons ry na skool Doxa toe en is die hele dag daar.  Ons tree ongeveer 19:00 op en u kan u kind op die vroegste 20:00 voor die kerk oplaai.  Daar is ongelukkig nie ‘n bus terug skool toe nie.

    5.  NAWEEKOEFENINGE

Ons matrieks begin eersdaags met hul rekordeksamen.  Ek het nou hulp eksamenrooster en ons oefenprogram bymekaar gebring en ons oefentye beplan.  Die oefentye is soos op die program wat ek aanheg uiteen gesit.

Ouers, dit gaan regtig baie goed met ons voorbereiding vir die SA’s.  Die orkes is op ‘n ongelooflike standaard.  U sal merk dat die doedelsakspelers (Pipers) baie saam met ons optree om die kinders gewoond te maak daaraan.

Hierdie is bietjie ‘n duur oefening… indien u my finansieel kan bystaan in hierdie verband sal ek dit baie waardeer!

Laastens wil ek weer ‘n beroep op u doen.  Ons het hierdie kwartaal nog nie met een oefening of optrede ‘n 100% bywoning gehad nie. 

Ek voel dit ruk ‘n bietjie hande uit.  Kinders en ouers vererg hulle wanneer ek sê dat as ‘n kind nie die oefeninge bywoon nie, hul nie die daaropvolgende optrede mag optree nie.  Ek hou daarby.  Soms verander musiek of ons op- en afstap ens. gedurende ‘n oefening en dan kom die wat afwesig was en maak foute. Ek glo u verstaan.  Hul stel hulself ook bloot om aan die einde van die jaar nie erekleure of dalk SA-kleure te kry nie of selfs om nie tydens die SA’s op te tree nie.  Kinders met 3 en meer afwesighede is klaar in die rooi – en ek kan niks daaraan doen nie.  Selfs orkeslede raak nou al geirriteerd met al die afwesighede.

U begrip word gevra.  Ons is ‘n groot groep en dis onbillik om te sê “maar dis my kind se eerste keer”, wat u dalk nie besef nie, dis dan die sewende verskoning!!  Ek het geen probleem met kinders wat siek is nie, daaraan kan ons niks doen nie.  Maar help asseblief dat u kind sy/haar verantwoordelikheid nakom.  Kinders word ongelukkig as ek sê dat al hierdie afwesighede bewys dat ons sonder hom/haar kan klaarkom, maar ons wil nie!  Ons het elke orkeslid op sy pos nodig!!

Baie dankie aan elke ouers wat my en die orkes ondersteun met hulp ensovoorts.  Ons sal dit nie sonder die hulp van ons ouers kan doen nie.

Vriendelike groete.

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faksnommer:  086 512 8755











[JAARPROGRAM OOK BO-AAN BLOG BESKIKBAAR]








No comments:

Post a Comment