Wednesday 5 September 2012

Reëlings vir die Week: 5 September 2012


Beste Orkesouer

Mnr Smith is ongelukkig in die hospitaal vandag en het nie toegang tot epos nie.  Hy het egter (soos gewoonlik) baie knap reëlings getref vir die week.

Graag deel ek dit met u:

1.     Geen oefening more nie. Die matrieks skryf weer eksamen in die saal.

2.     Orkeslede moet ALMAL Donderdag pouse in Mnr Smith se klas vergader vir finale reëlings en ook om hulle Staatsteaterkaartjies te ontvang.

3.     Vrydag se reëlings:
a.     Almal kom 16h00 in die saal bymekaar.
b.     Meisies los hul instrumente en musiekstaander s by Gideon en gaan dadelik na    my klas toe om hare en grimering te doen en hulle toppies aan te trek.
c.     Die seuns laai die bus en geraaswa 16h00 (hulle eie en ook die meisies se instrumente en musiekstaander s) en gaan trek 17h00 hulle konsertklere aan.
d.     Almal moet 18h00 aangetrek en in die bus wees.
e.     Die bus vertrek dus 18h00 staatsteater toe.
f.      By Staatsteater aangekom, laai ALMAL die bus af (alle meisies en seuns help).
g.     Meisies trek hulle rompe aan en seuns hulle onderbaadjies.
h.     Diets warm die orkes 19h15 op waar hulle gereed maak om 20h00 te speel.
i.      ALMAL moet denim, drimac en LO hempie saamvat om direk na die optrede aan te trek. NIEMAND verlaat die staatsteater met konsertklere aan nie!!!
j.      Daar is ‘n baie goeie snoepie, vat sakgeld saam.
k.     Na die optrede vertrek die bus terug skool toe vir die wat nie saam met hulle ouers ry nie. Indien ‘n kind saam met sy ouers ry, MOET hul al hul instrumente en musiekstaanders saamneem. Hul MAG NIE ‘n ander kind vra om dit by die skool uit te laai nie.

4.     SIEN JAARPROGRAM -> dit is amper oefenweek. ‘n Kind wat die oefening gedurende die oefenweek mis (matrieks moet soveel as moontlik kom saam oefen soos wat hulle eksamenrooster dit toelaat), sal ongelukkig nie tydens die SA’s toegelaat word om op te tree nie.

U is welkom om my oor Vrydag se reëlings te skakel (kom ons pla nie vir Mnr Smith met navrae nie sodat hy kan rus)

Ons wens Mnr Smith sterkte toe – hoop hy rus lekker uit en word gou beter!

Groete

Susan Tredoux



No comments:

Post a Comment