Monday 10 September 2012

SA's 10 September 2012


Geagte ouers.

In die eerste plek wil ek baie dankie sê vir al die boodskappe verlede week terwyl ek alweer in die hospitaal was.  Baie dankie ook aan al die ouers en orkesleiers wat my gehelp het om Vrydagaand vlot te laat verloop.  Ek glo dat u almal nou so ‘n bietjie beter verstaan oor hoekom ek so streng met die kinders is wanneer ons gereedmaak om op te tree en wanneer ek in hulle koppe probeer kry dat ons as ‘n span moet saamwerk.  Elke kind en elke leier het presies geweet wat van hom of haar verwag word en daarom het alles vlot verloop.

Ek gaan nou redelik baie met u begin kommunikeer rakende die SA’s en versoek asseblief u samewerking.  Ons werk volgens ‘n skedule om alles in plek te kry en indien daar ouers en kinders is wat nie aan ons versoeke gehoor gee nie, dit vir ons ons sake regtig baie bemoeilik.  U moet onthou, hierdie is ‘n geweldige taak omdat ons 3 groepe het wat ingeskryf is en al drie die groepe het verskillende optreeklere! Ons werk nou met 3 orkeste en 3 stelle klere – dis geweldig baie admin en werk.

Klere word nou nagesien, gewas, gestryk, verpak, afgemerk ensovoorts.  Baie ouers help en is betrokke en dis ongelooflik frustrerend indien ouers en kinders ons versoeke ignoreer of dood eenvoudig net laat is.  Help asb sodat ons hierdie groot taak so pynloos as moopntlik kan afhandel!

Kontak asseblief vir Susan Tredoux met alles rakende ons konsertklere.

Die volgende klere moes ook nou al in gewees het en is steeds uitstaande:

     1.      SA-KLEURE: 

MERK DIT ASSEBLIEF!!!   Ek het nou al verlede week gevra dat die SA-Kleure op die laatste Woensdag in my klas moet wees.  U sal my nie glo nie, daar is steeds ouers en orkeslede wat nie gereageer het nie.  Die volgende SA-kleure is uitstaande en moet asseblief op die laatste Dinsdag by my wees.  Indien die SA-baadjies nog by droogskaanmakers is, moet dit ook asseblief teen Vrydag by my wees.  Hierdie gedeelte van die klere moet die naweek afgehandel wees.

1.1             Armand le Roux – SA-hemp, baadjie en das
1.2             Basson Cronje – SA-baadjie
1.3             Bernard Smit – Sa-das en baadjie
1.4             Christiaan Volschenck – SA-baadjie
1.5             Daniël Ms – SA-baadjie
1.6             Dietrich Bauermeister – SA-hemp, baadjie, das
1.7             Estiaan du Preez – SA-baadjie
1.8             Gideon Zeeman – SA-das en baadjie
1.9             Ian Stapelberg – SA-baadjie
1.10         John & James Williams – SA-hemp, das en baadjie
1.11         Lumar Schutte – SA-baadjie
1.12         Marko Kotze – SA-baadjie
1.13         Matthys Pretorius – SA-das
1.14         Renier Kruger – SA-baadjie
1.15         Ruan Steenkamp – SA-hemp, das en baadjie
1.16         Werner Conradie – SA-hemp, das en baadjie
1.17         Wian Vermaak – SA-baadjie
1.18         Anime Struwig – SA-baadjie
1.19         Annette Cilliers – SA-baadjie
1.20         Christi-Louise Geyser – SA-bloesie, romp en baadjie
1.21         Corne Visser – SA-bloesie, romp en baadjie
1.22         Izahn van Zyl – SA-baadjie
1.23         Lara Loock – SA-baadjie
1.24         Michelle Hartzenberg – SA-baadjie
1.25         Nerina Naude – SA-baadjie

    2.  KONSERTKLERE:  

Dan het die volgende kinders my direkte opdrag geignoreer wat dit baie duidelik gestel het dat hulle NIE met hulle konsertklere Vrydagaand mag huistoe gaan nie (ek het hulle gewaarsku hul kry elkeeen 15A vir uitdaag van gesag indien hulle hierdie opdrag ignoreer).  Hierdie klere moet DINSDAG by my wees anders gee ek weer ‘n tweede 15A:

2.1             Alexander de Kock – konserthemp
2.2             Christiaan Volschenck, Estiaan du Preez – konserthemp en broek
2.3             Daniël M – konsertbroek
2.4             Dietrich Bauermeister – Konsertbroek
2.5             James Williams – Konserthemp en broek
2.6             Simon Oranje – Konsertbroek
2.7             Stephan Truter – Konserthemp en broek
2.8             Werner Conradie – konserthemp en broek
2.9             Wian Vermaak – Konserthemp en broek
2.10         Zanro de Beer – Konserthemp en broek
2.11         Corne Visser se swart romp is nog uitstaande.
2.12         Carine Kryger – konsert toppie.

Ouers, ek weet dat ons soms te erg aangaan oor hierdie klere wat moet in en skoon en alles.  Maar dink dan net weer terug hoe lekker dit was verlede jaar tydens die SA’s toe ons 100% by al die beoordelaars vir ons Algemene Indruk, konsertdissipline en netheid gekry het. Dit maak alles vir hierdie mammas wat so hard met 50 kinders se klere moet werk, dit die moeite werd gemaak en ons kinders het ongelooflik goed gelyk.  Al wat ons vra is, werk net asseblief saam. 

Daar is steeds ongelooflik baie klere wat nie gemerk is nie, merk asseblief u kind se klere voor u dit vir ons stuur.  Dit help baie.

Baie dankie aan al die mammas wat so hard werk om ons kinders so mooi te laat lyk – ons waardeer dit regtig baie!!

Groete.

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755

No comments:

Post a Comment