Monday 10 September 2012

Danie Epos Nr 24: 10 September 2012


Geagte ouers.

18 DAE VOOR SA’s

8 OEFENINGE OOR…


   1.   OEFENPROGRAM EN SA’S

1.1             Hierby aangeheg is die opgedateerde oefen- en voorbereidingsprogram vir die SA’s.
1.2             U sal merk dat eerskomende naweek se oefening afgehaal is a.g.v. die Inniekraal-kuierfees.
1.3             Die res van ons voorbereiding is soos wat ek dit op die aanhangsel uiteengesit het.
1.4             NB!  Ons orkes word op Saterdag, 22 September ge-evalueer deur SAMOV (Suid-Afrikaanse Mars- en Konsertorkesvereniging).
1.5             Die heel belangrikste is natuurlik ons oefenweek. Ek wil dit regtig weer vir u vra, soos wat ek al van die begin van die jaar af vra, dat ELKE kind by ELKE oefening moet wees.  Ek het baie mooi gevra dat elke kind sy/haar musieklesse, ensovoorts moet skuif sodat elke kind die volle duur van ELKE oefening teenwoordig kan wees.  Kyk na die tye wat elke groep oefen asseblief. Ons is nou in ons finale stadium van voorbereiding en indien ‘n kind nie daar is nie gaan ek die kind ongelukkig moet uithaal vir die SA’s.  Ons matrieks moet my op hoogte kom bring van wanneer hulle waar gaan wees! Hoe sê die spreekwoord…

IT’S CRUNCH TIME en IT’S PAINFUL TO BE BEAUTIFUL
NIKS IN DIE LEWE WAT DIE MOEITE WERD IS, KOM MAKLIK NIE!!

Ons daaglikse oefeninge gaan soos volg wees:

1.5.1   14:00 – 16:30            Konsertorkes
1.5.2   16:30 – 17:45            Con Brio Ligtemusiek-orkes
1.5.3   17:45 – 18:00            Con Gusto Ligtemusiek-ensemble

1.6             Ons finale oefening is op Dinsdagmiddag 25 September.
1.7             Die Geraaswa en klein sleepwaentjie word Woensdagmiddag 17:00 gepak.  Hierdie name en instrumente is op die SA-program wat u hierdie week sal ontvang.
1.8             Die loting is ook reeds gedoen.  Die tye mag verander, want al die skole het nog nie gekwalifiseer nie (Springs en Oosterland se Konsertorkeste het dit nie gemaak nie…).  Ons tree op die volgende tye op:

1.8.1.1            Ligtemusiek-ensemble:  Moet 10:20 gereed wees.  Tree om 11:00 op.  Tree daarna in tent op.
1.8.1.2            Ligtemusiek-orkes:  Moet 14:30 gereed wees.  Tree 15:00 op.  Tree daarna in tent op.
1.8.1.3            Konsertorkes:  Moet 16:00 gereed wees. Tree 16:30 op. (Gaan nie in tent optree).

1.7       Die res van al die reëlings sal in die SA-program wees wat ek hierdie week vir u gaan stuur.  Ek wag net vir sekere beslissings, dan kan ek ons program finaliseer.
1.8       Die orkeslede wat hul oudisies moet heraflê, moet dringend met my kom praat.  Dit moet voor volgende week afgehandel wees.
1.9       Laastens is ek effe bekommerd omdat al die SA-glede nog nie inbetaal is nie.  Hou my asseblief op hoogte, want ons betalings moet gemaak word.
           

   2.   SA-KLEURE 2012

Ouers, u moet my nou maar verskoon, maar ek het soveel vertroue in ons kinders dat ek die volgende vraag wil vra.  

Ek het Donderdagoggend ‘n afspraak met die plek wat die SA-baadjies maak.  Ek wil dan vir hulle ons orkes se groottes gee sodat hulle kan begin vasstel of hulle al ons groottes het indien ons die SA’s sou wen. 

Kan u asb vir my u kind se skoolbaadjiegrootte dringend sms sodat ek Donderdag die name, getalle en groottes het.

Die orkeslede wat 5 jaar en langer baadjies kry, onthou, hul baadjies en wapens verander!

Indien ons dan sou wen (J), kan ek dadelik die bestelling sommer daar uit Empangeni bevestig sodat die baadjies gereed en afgelewer kan word voor ons Gala-aand.

Indien ons sou wen en u NIE vir u kind die baadjie gaan koop nie, moet u my ook asseblief laat weet.

Ek weet op die stadium glad nie wat die baadjies kos nie!

Indien ons dalkies nie sou wen nie, kanselleer ek die bestelling en plaas net die ander skool s’n ons ons plek…

    3.   SPUR

Ons September SPUR-Sondag is eerskomende Sondag.  Ek wil ‘n beroep op u doen om ons te kom ondersteun.  Maar ek wil ook ‘n beroep doen op die orkeslede wat nog nie gewerk of ghespeel het nie, om dit hierdie keer by te woon.  Dit is regtig baie lekker.

Ek wil net weer noem, dit is heeltemal vrywillig, niemand word verplig nie.  Die geld wat bymekaar gemaak word, gaan tussen die kinders wat gewerk en gespeel het verdeel word.  Die wat nie gewerk het nie sal ongelukkig hul eie kostes moet dra ten opsigte van die etes tydens die repitisies en dag van SA’s ensovoorts.

    4.   GALA-AAND

Ek kry baie navraag oor die uitstaande gelde van die Gala-aand rakende kaartjies wat teen u naam geboek is wat u nie bestel het nie.

Ons doelwit is dat elke gesin 20 kaartjies verkoop. U sal sien dit is so op ons lys aangedui.  Daarom word ons berekeninge en opsomming ook dienooreenkomstig gedoen.  Ons ideaal is maar steeds om vir ons kinders ‘n vol ouditorium te probeer gee. 

Baie dankie vir u moeite met die verkoop van hierdie kaartjies – ons as orkes waardeer dit regtig baie!!

    5.   FINANSIëLE OPSOMMING

Ek wens regtig ons kon ons orkes bedryf sonder al hierdie finansiële uitgawes!!  Gaan asseblief hierdie staat baie noukeurig na.  Indien daar enige foute op is, kontak my asseblief!

Daar is redelik verwarring oor die etegelde wat so baie uitstaande is.  Ek wil net weer bevestig, indien u kind afwesig is, moet u self vir Lynnette skakel en die etes kanselleer, anders maak sy vir u kind voorsiening en u moet dan ongelukkig daarvoor betaal.  Daar is ongelooflik baie etegelde uitstaande, veral die R30’s van die naweek toe die Amerikanders hier was. 

Soms is daar ook probleme met die inbetalings hier by die skool omdat u soms afwyk van die verwysings en dan lang u gled nie op my lys nie.  Indien daar sulke gevalle is, laat weet asseblief dan sorteer ons dit gou uit.

Ons praat later weer!!

Seën vir die week!

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755

No comments:

Post a Comment