Thursday 27 September 2012

SA's Orkeskompetisie: Empangeni 27 September 2012

Die SA's het vanoggend 27 September om 04h00 by die skool se parkeerterrein in alle erns vir die Klofie-orkes begin .  Die bus het om 16h00 in Empangeni veilig aangekom en almal is opgewonde en positief vir die groot taak wat voorlê.  Vanaand het almal Empangeni se strate ingevaar op soek na 'n eetplek wat na sewe-uur steeds oop is vir besigheid - nee .......

...........ek is ernstig ........
.......... vra maar vir enige orkeslid .........
.........  die dorp slaap al .....
.......... dis agtuur .............
...............  ons het so amper met honger magies gaan slaap!

Maar grappies daar gelaat.  Alles het nie net vlot verloop nie.  Dit is reeds na 20h00 en Engelette en Ivor is steeds op die pad a.g.v. hul voertuig wat onklaargeraak het.  Hulle het eers om 16h00 uur vanmiddag uit Escort vertrek.

Breaking News:  Hulle het sopas (20h10) veilig gesond en baie moeg by hul gastehuis aangekom. 

Diegene wat gelukkig was om hierheen te vlieg is almal veilig en gesond.

Vanaand is dit vroeg in die vere (vir almal jonger as 40, dit beteken vroeg indie bed) want die volgende twee dae gaan baie baie rof wees.

Jacques het weer vir ons die volgende fotos geneem van die dag se gebeure en ons sal weer more die blog opdateer wanneer daar kans is. Let wel, hierdie is net 'n paar fotos - daar is baie meer maar die ontvangs is so swak hier dat dit amper 10 minute neem om slegs een foto op te laai.  Die res sal so geleidelik volg. Wees asb geduldig.  Maar ons is nou moeg en nou gaan almal slaap!










No comments:

Post a Comment