Geagte
ouers.
Sjoe,
ons het lanklaas gekommunikeer! Hier volg ‘n paar belangrike punte!
NB – Ons moet moremiddag ‘n informele foto vir die SA’s neem wat
Maandag by Menlopark moet wees. Ek het die kinders op ons WhatsApp groep
laat weet hulle moet more direk na skool hul denim en orkeshempie aantrek vir
die foto wat ons gou 14:30 by die oefening gaan neem.
1. NAWEEKOEFENINGE
1.1
Op
die oomblik gaan dit maar rof so tussen die matrieks, optredes en oefeninge.
Hou asseblief kop en verduur asseblief die gedureige veranderinge!!
1.2
Ons
oefen hierdie naweek 14:30 – 21:00. Aandete (R20) word bedien.
1.3
Daar
is bitter min oefeninge oor voor die SA’s, daarom doen ek weer ‘n beroep op u
om asseblief te help dat u kind by elke oefening is. Ons is besig met
finale afronding en inoefening en ek gaan nie dat ‘n kind wat afwesig by
oefeninge is deelneem aan die SA’s nie.
2. NASIONALE
JEUGKUSTEFEES GALA-AAND
2.1
Die
optrede is Saterdag, 7 September.
2.2
Die
kaartjies wat u bespreek het word more (Vrydag) by my afgelewer en ek sal dit
by more se oefening vir die orkeslede gee.
2.3
Die
reëlings en tye vir die dag is op ons Jaarprogram.
3. S.A.’s
3.1
Ouerhulp:
Ek het baie hulp nodig tydens die SA’s. Tyd speel ‘n belangrike rol en
ons word met 5% gepenaliseer vir elke minuut wat ons bv. oor ons tyd
gaan. Ons het 30 minute op die verhoog wat die volgende
insluit: Uitpak van verhoof (stoele, staanders, musiekboeke en mikrofone),
dan speek ons ons musiek (wat op hierdie stadium 29 minute is!!) en dan moet
alles weer afgehaal word. DIT ALLES IN 30 MINUUT!!
3.2
Ek
heg ‘n lys aan met hulp wat ek nodig het. Ek het reeds baie name by
plekke, gaan dit asseblief na en indien u nie kan help nie, laat weet my
dringend. Indien u ook nog wil help, veral punt 9, laat weet my asseblief
dringend.
3.3
Die
kritiese punte is punte 4, 5, 6, 9. Ek het daar BAIE ouers nodig.
Ons moet bitter vinnig die verhoog en klank moet kan uitpak en afhaal – als
binne 30 minute!
3.4
Ons
moet hierdie saam met u inoefen ook. Daarom wil ek vra dat die van u wat met
punte 4, 5, 6, 9 kan help, volgende week Vrydagaand 19:00 hier kan wees om te
kom “oefen” (en nie die week nie asb). Ons moet more eers self ons goed
uitsorteer en self eers inoefen.
3.5
Verder
weet ek nog NIKS van die SA’s nie. Sal sekerlik volgende week eers weet
wat aangaan. Dan sal ek u laat weet. Maar hou asseblief Saterdag 21 September
van bitter vroeg tot baie laat oop.
3.6
Ons
kleedrepitisies by Hoërskool Menlopark is Woensdag 18 September en Vrydag 20
September 14:00 – 18:00.
4. MY
AFSKEIDSKONSERT EN 10 JAAR-REüNIE GALA-AAND
4.1
Baie
dankie aan al die ouers wat al so hard agter die skerms werk.
4.2
Kaartjieverkope:
4.2.1 Ons doelwit
is 20 kaartjies per gesin teen R120 per kaartjie.
4.2.2 Daar is nie
afslagpryse vir kinders nie.
4.2.3 Die
prosedure met die kaartjies is soos volg:
a. U betaal u
kaartjies se gelde elektronies oor in die skool se rekening. Gebruik asseblief
die regte verwysing: ORKES-Gala-Kind se naam. Indien u
hiervan afwyk, moet u nie ongelukkig wees indien u nie kaartjies kry nie. Maak
asseblief seker van die verwysing!!
b. U epos dan
die bewys van betaling slegs na Nana Cilliers toe (NIE na my toe nie
asseblief!) met u versoek van watter sitplekke u sal wil hê. Haar
eposadres is nanacill@polka.co.za.
U kan haar ook na werksure skakel by 082 370 4112. U moet ook net
asseblief in gedagte hou dat sy voldag werk en slegs in die aande met die
kaartjiebesprekings kan werk.
c. Indien die
sitplekke wat u versoek het reeds gevat is, sal sy dit aanpas om so naby aan u
versoek as moontlik te kan kom. Dit is regtig baie moeilik om aan al u
vereistes en eise te voldoen, daarom vra ek dat u hierdie jaar ‘n bietjie meer
begrip vir hierdie moeilike situasie vir Nana moet hê. Dis nie maklik om
1000 sitplekke te hanteer en almal gelukkig te hou nie. Hoe later dit
word en hoe minder sitplekke beskikbaar is, hoe moeiliker raak dit om u met u
versoeke te akkomodeer.
d. Iets wat
BAIE ongelukkigheid in die verlede veroorsaak het is die feit dat ouers nie
besef ons werk met ‘n teater se besprekings nie. Ons kan nie altyd aan u
vereistes voldoen met die sitplekke nie en Nana kan nie kort-kort pleknommers
verander nie. Voorts is dit nie altyd vir laatstapers moontlik om hul
sitplekke bymekaar te kan kry nie. Ons kan net mooi niks daaraan doen
nie. Indien u laat is, moet u vat wat u kry. Dis die realiteit. As ‘n ry
vol is, is hy vol en ons kan niks daaraan doen nie. J
e. Nadat Nana
die sitplekke toegeken het, skryf sy die sitpleknommers op u kaartjies, sit in
koevert en gee vir die orkeslede of self vir u by orkesoefeninge.
4.2.4 Hierdie is
absoluut ‘n hoogtepunt-aand. Die orkes van 2013 is die beste orkes wat ek
die afgelope 30 jaar gehad het. Hierdie gaan ‘n vertoning wees wat nie
gemis mag word nie.
4.2.5 Die nuwe
dirigent word ook hierdie aand bekend gemaak… L
4.2.6 Indien u
enigsins wil help met die aand, kontak asseblief vir Carin Hartzenberg.
Hierde
was nou ‘n mondvol. Gaan sit nou lekker agteroor met ‘n lekker tee in die
hand en ontspan!! J
Groete.
Danie
D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer: 082 853 8698
Telefoonnommer (skool): 012 – 347 0277 X 130
Faksnommer: 086 512 8755