Thursday 27 June 2013

En Toe Gaan Ons Kaap Toe . . . . .

Net een week voordat ons vertrek op die 2013 Kaapse Toer!

Als begin nou in plek val en volgende week hierdie tyd (21:30) behoort ons al effens suid van Johannesburg te  wees op pa na Knysna vir die 2013 Kaape toer!

Die toer van 2011 voel soos gister.  Dit was onvergeetlik. Mag hierdie jaar net so geseënd wees soos 2011.

Ek onthou die rit af Knysna toe; die optrede by die seiljagklub; die son wat ondergaan in perfekte weer; die weerkaatsing van die sonsondergang op die water in die hawe; die vriendelike mense en die Klofie-orkes wat speel terwyl die laaste strale van die son op die Knysna-meer verdof.

Ek sal nooit die mense se reaksie om my vergeet , waar ek gesit  en die klank gedoen het , wat in trane was toe die orkes "Die Onse Vader" gespeel het terwyl die son oor Knysna gesak het en die seiljagte weerkaats het op die water in die sonsondergang nie.

Daar wag Meestersklasse op die kinders by die Suid-Afrikaanse Vloot Orkes se hoofkwartier in Simonstad.  Kommandeur Kenny Leibrandt en sy orkes is jare-lange vriende van die Klofie-orkes.    Die feit dat die SA Vloot-orkes, wat bereid is om soveel tyd af te staan vir ons kinders, is iets besonders.  Hulle is bereid om 'n gedeelte van hul waardevolle tyd aan ons kinders af te staan :   Hoe kan ons hulle ooit genoegsaam daarvoor bedank!

Maar die Klofieorkes probeer ook om hul talente terug te ploeg in die samelewing.  Hulle tree op by verskeie tehuise vir bejaardes en ook by 'n liefdadigheidsfunksie tydens die toer.  'n Goeie balans tussen ontvang en gee.  

Die kinders wat  volgende Woensdagaand vertrek op die toer is nie dieselfde kinders wat terugkom 'n week en 'n half later nie.  Hulle sal die lewe anders sien.  Dit is 'n ervaring wat nie in geldwaarde omgeskakel kan word nie.

Die volgende paar foto's vertel die storie vandie 2011 toer:









































 

No comments:

Post a Comment