Tuesday 4 June 2013

Danie Epos Nr 18: 4 Junie 2013

Geagte ouers.

    1.  NAWEEKOEFENING

Die reëlings vir hierdie volgende twee naweke is soos volg:

1.1       Vrydag, 7 Junie                 14:00  Uitpakinspeksie
                                                            14:30  Opening en oefening begin
                                                            18:00  Afsluiting en verdaag.

1.2             Saterdag, 8 Junie              08:30  Oefening begin
10:30  Ietsie te ete
                                                                                    Koekbeurt vir almal wat in Mei verjaar.
13:00  Afsluiting, skoonmaak en verdaag +-13:30

1.3         Vrydag, 14 Junie               LAASTE OEFENINGE VOOR DIE TOER:

                                                            14:00  Uitpakinspeksie
                                                            14:30  Opening en oefening begin
                                                            17:30  Aandete
                                                            21:00  Afsluiting en verdaag

1.4       Saterdag, 15 Junie           08:30  Ontbyt
                                                            13:00  Middagete
                                                            Koekbeurt vir almal wat in JUNIE verjaar.
                                                            16:00 – 17:00           Toerprogram optrede vir ouers
                                                            17:00  Bring-en-Braai vir ouers en orkeslede - Kwartaalafsluiting

Ek gaan finale toerreëlings met die kinders bespreek gedurende die oefening op 15 Junie.

Laastens wil ek u baie vriendelik uitnooi om in u massas saam te kom braai op 15 junie.  Die vure sal 17:00, direk na afloop van die optrede, gereed wees vir braai sodat u nie in die koue hoef te sit nie.  Kom en kom kuier saam so voor ons op toer vertrek!

Enige van ons Pa’s wat bereid is om my te help met die vure, kontak my asseblief.  So ook enige ouers wat kontak het vir hout.  Ek sal u hulp baie waardeer.

    2.  TSHWANE JEUGKUNSTEFEES

Die woord is uit…

Hoërskool Waterkloof Konsertorkes is deur na die Gala-aand!!!

Die volgende reëlings is baie belangrik:

2.1       Datum:  Saterdagaand, 7 September.  Die vertoning begin 19:00 – ongeveer 21:30.

2.2             Dit val saam met ‘n naweekoefening voor die SA’s – puik geleentheid om op te tree voor die SA’s!!  Ons sal dus voorberei en daarna Staatsteater toe vertrek.

2.3             Daar is slegs 60 kaartjies beskikbaar teen R65 per kaartjie.  Om regverdigheid te verseker, die eerste 60 kaartjiesgelde se inbetaalstrokies wat ek ontvang, kry die kaartjies. Ek gaan geen kaartjies reserveer nie. Kaartjies is NIE by Computicket beskikbaar nie, slegs op bespreking deur die betrokke skool se afrigter wat bespreek het.

2.4             Daar word ook programme verkoop teen R10 per program.  U moet dus ook vir my aandui of ek vir u ‘n program ook moet bespreek. Tel dan net die R10 by u kaartjie se geld en betaal as een bedrag in.

2.5             Ek kan moontlik beding vir meer kaartjies, maar omdat dit die Gala-aand is en eintlik net vir eregaste is, kan ek dalk net ‘n paar ekstra kry.  Maar daar is ‘n voorwaarde.  Indien ek ons moontlike getal VOOR EERSKOMENDE VRYDAG deurgee, kan ons dalk ekstra kaartjies kry.  U moet my asseblief dadelik laat weet hoeveel kaartjies u sal wil hê sodat ek vir die ekstra kaartjies kan aansoek doen. Indien u nie reageer nie, sal u nie kaartjies kan kry nie.  Die komitee is ons skool gewoonlik baie goedgesind en help regtig waar hulle kan, MAAR DAN MOET EK OP DIE LAATSTE VRYDAG ONS GETALLE DEURGEE.  Hulle finaliseer hul eregastelys Maandag en kan dan addisionele kaartjies aan ons toeken.

2.6             Sitplekke word uitgegee aan skole soos wat die gelde deur die skole oorbetaal word en geen “goeie” sitplekke word uitgehou nie.  Eerste betaal kry die beste sitplekke! So, ons moet spring!!  Die dag as die skool begin volgende kwartaal op 15 Julie open, betaal ek die gelde oor.  Indien u teen daardie tyd nog nie u geld inbetaal het nie, kry u nie kaartjies nie.  Ek gaan nie ouers wat betyds betaal weer in die verleentheid stel en te na kom omdat ander ouers my versoeke ignoreer nie.  Indien ons swak sitplekke kry, is ek dan die vark in die verhaal, maar dis nie eintlik my skuld nie.

2.7             Betaal asseblief u kaartjie en programgelde in met die volgende verwysing:  ORKES-Teater-naam van kind.  Stuur bewys van betaling aan my sodat ek die kaartjies kan afmerk. Ek merk slegs u kaartjies af met ‘n bewys van betaling in my hand.  Kaartjiegelde wat eerste inbetaal word, kry ook die beste sitplekke eerste. J

2.8             Epos asseblief voor of op Vrydag die volgende:

AANTAL KAARTJIES:
AANTAL PROGRAMME:
BEDRAG VERSKULDIG:


    3.   KAAPSE TOER

Ons toer nader nou baie vinnig.  Vandag is die laaste dag vir toergelde se inbetaling.  Indien u nog moet geld inbetaal en u bank nie by ABSA nie, kan u die KONTANT nog moreoggend inbetaal.  Daarna vat ons geen gelde meer nie en alle uitbetalings word nou aangevra en oorbetaal.  Indien u kind se gelde nie more inbetaal is nie, neem ek aan ek haal die naam van die toerlys af.

Baie dankie aan elke ouer wat op my versoeke gereageer het.  Ek waardeer dit opreg en dit maak my werk makliker.

    4.  TOER NA EUROPA 2014

Baie dankie aan al die ouers wat gisteraand by die vergadering was en ook die wat verskoning gemaak het.  A.g.v. die baie ouers wat nie opgedaag het of iets laat weet het nie, kon ons nie die vergadering finaliseer nie.  Nou moet ons dit maar probeer om per epos uit te sorteer.

Ek heg die lys aan met die ouers wat teenwoordig was se inligting op.  U wat nie daar was nie, moet die lys voltooi en terug epos sodat ons finaliteit kan bereik.

Om die besluit deursigtig te hou en vir almal om kollektief verantwoordelikheid te aanvaar gaan ek, soos gisterand bespreek, die opname nie geslote doen nie, maar openlik sodat elke ouer die nodige insig het tot die verloop van gebeure.  Almal gaan in elk geval weet watter kind kan gaan en watter nie.  Daar is geen druk op enige ouer nie en elke ouer besluit vir homself en ons glo nie privaatheid word geskend nie omdat ons inelk geval in die vergadering hieroor moes praat en besluit.  Dit word openlik gedoen sodat almal insette kan lewer.

Ek vra dringende samewerking.  Ons kon dit gisteraand afgehandel het, maar weens die groot afwesigheid, moet ons dit nou op hierdie manier doen. Reageer asseblief dadelik op hierdie epos sodat ek dit kan opdateer en die lys weer sirkuleer. 

Intussen is ons reeds aan die gang om nog kwotasies te kry vir die Europa-toer om te kyk of ons beter pryse kan beding.  Baie dankie vir die mammas wat my daarmee help!! J

Vriendelike groete!

Danie


OUERAAND 3 JUNIE 2013

Ek heg vir u my eie notas aan van wat ek met die ouers bespreek het by die oueraand in verband met my bedanking en toekoms van die orkes.

Hierdie is die riglyn wat ek gebruik het waarvolgens ek gepraat het.


AGENDA VIR SPESIALE OUERAAND VIR OUERS VAN 2014: 3 JUNIE 2013

1. Opening en verwelkoming

2. Organogram vir orkes:
         1. Hoof
         2. Mev Janet Fouche, Adjunkhoof Kultuur
         3. Danie Smith, Direkteur Kultuur, wat verantwoordelik is vir o.a. die orkes
         4. Orkesafrigter

3. Bedanking as afrigter

3.1 Redes: 
Gesondheid en geen ander rede nie. Ek is tans op my gelukkigste by die
orkes, maar gesondheid laat my nie meer toe om alle oefeninge en optredes te kan
bywoon nie.

3.2 Die pad vorentoe:

3.2.1 Pos word geadverteer en siftingsproses begin.

3.2.2 Onderhoude volg met aansoekers wie se aansoeke suksesvol is - van die
vereistes om aansoek te mag doen, is die toer van 2014.

3.2.3 Aanstel van nuwe afrigter.

3.2.4 Die orkes bly steeds funksioneer onder die pos van Direkteur Kultuur.

3.2.5 Nuwe afrigter neem 12 Oktober 2013 oor.

4. MOTIVERING:

“Commit” asseblief teenoor die orkes vir 2014 en nie die onsekerheid oor die afrigter nie. Nadat die nuwe afrigter aangestel is en oorgeneem het, kom die “commitment” teenoor hom/haar. Dit kan nie eintlik geskei word nie, maar ek pleit dat ouers en kinders eerstens teenoor die orkes moet “commit” sodat die orkes se voortbetaan verseker kan word en sodra die nuwe dirigent aangestel is, “commit” almal van ons aan hom of haar.

Ek doen dringende en ernstige beroep op my senior orkeslede:
MOET ASSEBLIEF NIE DIE ORKES VERLAAT NIE.

Help om die nuwe era te begin en te bou en bou voort op ons goeie tradisies, reputasie en naam. Dit gaan baie moeilik wees om ‘n nuwe orkes te begin met nuwe lede - kom ons ondersteun die nuwe dirigent en maak die oorskakeling so maklik en glad as moontlik.

5. TOER 2014

Op hierdie stadium sal ek die toer aanhou beplan en organiseer totdat die nuwe dirigent aangestel word. Ek sal ook moontlik saam gaan toer en erantwoordelikheid vir die orkeslede as personeellid aanvaar tydens hierdie oorsese toer.


D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faksnommer:  086 512 8755


No comments:

Post a Comment