Monday 4 February 2013

Danie Epos Nr 5: 2013


Geagte ouers.

HOOFLEIER HIERDIE MAAND AAN DIENS:  ESTIAAN
LEIER HIERDIE WEEK AAN DIENS:  INEKE

In die eerste plek wil ek baie welkom sê aan al die baie nuwe ouers wat ons het.  Ons is dankbaar dat u kind by die konsertorkes ingeskakel het en ons hoop dat u ‘n wonderlike ervaring by ons gaan hê!  U moet maar u sitplekgordel vasmaak, want hier beweeg ons teen die spoed van wit lig!!

Dan wil ek ook baie dankie sê aan u almal wat die orkes ondersteun, maar nog meer, wat my ondersteun.  Ek waardeer almal se besorgdheid en hulp regtig baie.

Ek is baie dankbaar vir peter wat tans vir my by die orkes instaan – hy doen ‘n ongelooflike werk met die kinders en die orkes klink regtig baie baie goed.  Baie dankie ook aan ons leiers wat vir Peter help om orde in die orkes te handhaaf en ook om te verseker dat alles seepglad verloop.

Al ons uitspele en onderhoude is nou iets van die verlede.  Die nuwe konsertmeester is jacques Tredoux.  Baie geluk aan hom, maar ook aan Annette, Ian en Michelle.  Julle het my taak lekkerrrr moeilik gemaak – julle is almal puik kandidate gewees en ek is trots op julle ook!!

    1.  JAARBEPLANNING EN WEEKPROGRAM

1.1             Ek wil net weer ter wille van die nuwe ouers dit onder u aandag bring dat ons Jaarbeplanning op ons blog (klofieorkes.blogspot.com) is en dat ek aan die begin van die jaar vir al die kinders
‘n harde kopie ook daarvan gegee het.  U moet daarvolgens werk en beplan.  Indien daar enige veranderings op ons Jaarbeplanning of weekprogram is,  sal u op ‘n Sondag of Maandag ‘n epos ontvang.  Verlede week se naweekoefening was glad nie op kort kennisgewing gereel nie – dis op ons Jaarprogram!!  Jannie plaas ook alle eposse op die blog, ons nuwe ouers kan dus epos 1 tot 4 daar aflaai en uitdruk.

1.2             Hierdie week se program verander ietwat en ek versoek dat u dit so sal deurgee aan ons orkeslede.  Dinsdag se oefening is spesiaal weer vir al ons nuwe lede onder leiding van Konsertmeester jacques en ook ons leiers en u kind se seniors en gaan soos volg wees:

SEKSIE
SENIORS WAT MOET HELP
LOKAAL
Dwarsfluite
Leier:  Ineke
Senior:  Anri & Carine
B3
Klarinette
LeierL  Ineke
Senior:  Renier & Lara
B2
Saksofone
Leier:  Michelle
Seniors Ian, James en Ruan
B3
Tenoorhorings
Leier:  Annette
Senior: Hansie
Boom 1 J
Viool
Leier:  Jacques
Senior:  Simon
Saal op verhoog
Klawerbord
Leier:  Gideon
Senior Alicia
Musiekdepartement
Kitare
Leier:  Gideon
Senior:  Neil
Saal


1.3             Ek wil u asseblief weer dringend versoek om die eposse vir u kind uit te druk en vir hulle te gee om te lees.  Ek sien hulle nie altyd betyds om byvoorbeel bogenoemde inligting aan hulle deur te gee nie.  U hulp sal waardeer word, veral met more se oefenprogram.

      2.      OUERAAND

Op die vorige Jaarbeplanning sou ons vanaand oueraand gehad het.  Ek wil versoek dat ons dit asseblief na volgende week verskuif omdat daar hierdie naweek nog klomp kinder weer by die orkes ingeskakel het ensovoorts.

Gedurende die oueraand sal ons weer die lyste laat sirkuleer met waar ons hulp nodig het.

Seënwense vir u vir die week!!

Groete.
Danie


No comments:

Post a Comment