Wednesday 20 February 2013

Danie Epos Nr 7: 2013


Geagte ouers.

Ek hoop dit gaan nog sommer baie goed met julle almal.  Net ‘n kort epos vir die volgende:

     1.      Ek moet dringend weet
1.1             Watter kinders gaan NIE kamp nie.
1.2             Watter kinders gaan NIE saam Kaap toe toer nie en ook nie die meestersklasse by die Vlootorkes bywoon nie.

Hierdie inligting is nodig om kwotasies finaal te doen en af te handel, want getalle speel ‘n baie groot rol in die kwotasies.  U moet ook besef dat indien u u kind uit die orkes haal of van die toer / kamp onttrek dit ‘n onredelike en onnodige druk op die ouers wie se kinders agter bly plaas, want dan moet daardie koste by die oorblywende kinders ingedeel word.  Daarom versoek ek u baie mooi om nou ‘n finale besluit te neem en my in te lig.

Kinders wat nie gaan kamp of toer nie, het ook ‘n probleem as dit kom by die deelname aan optredes, Eistedfodds en die SA’s. Hulle moet na die kamp of na die toer op presies dieselfde standaard wees as die res van die orkes en hulle sal moet ‘n oudisie na die kamp en na die toer moet aflê.  U moet my asseblief dringend laat weet wat u kind se situasie is sodat ek ons getalle kan finaliseer.

       2.      Ouers wat by die kamp gaan saam braai:
2.1             Ouers moet die kinders Saterdagoggend, 6 April by die kamp kom haal.  Ons sluit die kamp af met ‘n konsert vir die ouers, familie, vriende, oupas en oumas waarna ons lekker saam braai en afsluit.  Kwalata voorsien die braai in totaliteit teen R80 per besoeker (1 rooivleis, 1 hoender, pap en sous, slaai en sap asook die sjefs wat braai.)  Die kos sal gereed wees sodra die konsert verby is by die terrein waar ons geslaap het.  Ons mag geen eie kos op die terrein bring nie. 
2.2             Ek het u getalle dringend nodig om die bespreking te finaliseer.  U betaal u R80 in soos wat u u kind se kampgeld inbetaal met U EIE naam en van as verwysing.  Moet NIE vir die orkeslede betaal of tel nie – hul braai is by die kampgeld ingesluit.

Om dit maklik te maak, antwoord (reply) asseblief die volgende vrae op hierdie epos by die volgende 3 punte en stuur asseblief so gou moontlik terug:

    1.  Gaan u kind kamp?
    2.  Gaan u kind toer?
    3.  Aantal besoekers by kamp vir braai  @ R80 per persoon:   
       Aantal persone:  
       Bedrag verskuldig:  R

Ek het asseblief ELKE ouer se antwoord nodig.

Vriendelike groete!

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755

No comments:

Post a Comment