Thursday 31 January 2013

Danie Epos Nr 4: 2013


HOOFLEIER DIE MAAND AAN DIENS:   ESTIAAN
LEIER DIE WEEK AAN DIENS:  JACQUES

 Geagte ouers en Leiers.

    1.  JAARBEPLANNING

Aangeheg die opgedateerde program vir Februarie met al die veranderings.

Donderdag speel die trompetters, saksofone en dwarsfluite uit vir posisies en ook vir soliste.  Seksies wat nie uitspeel nie is die strykers, piccolo, klarinette, horings, trombone, tubas, en die perkussieseksie.  Ons begin 14:30 daarmee in die skoolsaal.  U as ouers is baie welkom om hierdie uitspele by te woon en in te sit.  Ek gee die uitslag direk nadat die kinders uitgespeel het. 

Wat moet hulle kan doen??  Hul moet toonlere kan speel, hul eie musiek asook ‘n vreemde stuk kan bladlees.

Waarna luister ek?  Klankkwaliteit (tone quality),  suiwerheid van klank,  omvang (range),  tegniek (flexibility).   En onthou, ek sien nie wie speel nie, want ek sit agter ‘n skerm.  Dit klink dalk makliker as war dit is!!  En nee, wanneer die kinders so deurmekaar speel, weet ek nie wie speel nie!  Dis onmoontlik om te raai wie speel en in elk geval is dit nie vir my belangrik om te weet wie speel nie – ek kies die klank wat die beste in die groep is, daarom laar ek die kinders ook voor mekaar speel sodat hulle ook self kan hoor waar pas hulle in.  Aan die einde is my besluit finaal en die kinders kan nie weer verander nie.

Donderdagaand het die kandidate vir konsertmeester hul onderhoude.  Baie sterkte aan Michelle,  Annette, Ian en Jacques!

    2.  REGISTRASIEVORM

Ek het nog bitter min vorms terug gekry.  Ek wil teen die einde van naweek asseblief al die vorms terug hê sodat ek alle inligting kan begin inlees.

    3.  NAWEEKOEFENING

3.1         Die reëlings vir die naweek is soos volg:
3.1.1       Die oefenprogram is soos uiteengesit op Februarie se beplanning.
3.1.2       Peter help my weer hierdie naweek met die orkes.  Ek word nog te gou moeg en die dokter het my ten sterkste afgeraai om nou al 100% terug te wees by die orkes.  Daarom staan Peter weer hierdie naweek vir my in.

3.2         Opruim en afsluiting
3.2.1       Ouers, hierdie is ‘n probleem wat ek nie uitgesorteer kry nie en u moet my daarmee help.  Dit is vir my NIE aanvaarbaar dat daar ouers is wat die kinders vat nog voordat ons klaar opgeruim en skoongemaak het nie.  Na afloop van die skoonmaak, dan eers sluit ons af.  Dit gebeur na elke liewe oefening da daar kinders is wat net weg is en die ander moet alleen skoonmaak.
3.2.2       Maak asb seker dat ons klaar afgesluit het voordat u u kind vat.  Die k,inders kla, veral na naweekoefeninge en optredes, dat die ouers nie wil wag nie.  U moet asseblief die ander ouers en kinders ook in ag neem.  Ons is ALMAL moeg en ons almal wil graag vinnig by die huis kom.  Moet ASB nie u kind vat voor ons klaar is nie – dit maak die getroue kinders wat altyd bly en help baie negatief.  U as ouer stel u kind bloot aan baie negatiewe opmerkings indien u u kind vat en ry en die ander moet help. U moet asseblief my in hierdie geval help!

3.3         Presensie en afwesighede
U sal merk ons hou baie goed boek van alle afwesighede.  ‘n Orkeslid kan vir SA-kleure en Erekleure slegs indien hy/sy meer as 90% teenwoordig was by alle oefeninge, kampe en toere.

U moet asseblief self by my vir u kind verskoning maak, anders word u kind afwesig gemerk.  Kinders stuur nie vir my of hulle maat smsé of bbm’s om verskoning te maak nie.

Die register en etegelde uitstaande is ook hierby aangeheg.

3.4         Etegelde
Die etegelde per naweek is R60 en word by Michelle inbetaal.  U moet asb die geld in ‘n koevert sit, u kind se naam opskryf asook die bedrag.  Hierdie koeverte word gebêre vir kontrole.

Dit is ook uiters noodsaaklik om te onthou dat indien u kind vir ‘n naweekoefening verskoning het en afwesig is, u self die etes by mev Lynnette Botha by selnommer 082 771 6078 of per epos lynnettebotha@gemini-gates.co.za  OP DIE LAATSTE  teen die Donderdagoggend, want Donderdagmiddag doen hulle die aankope.  Indien u NIE die etes kanseleer nie, bly u verantwoordelik vir die R60.

    4.  ORKESKAMP

4.1             Na baie drama, versoeke en oorweging kan ek nie anders as om die kamp hierdie vakansie te los waar hy is nie.  Ons kamp dus 31 Maart – 6 April te Kwalata.
4.2             Die kampgeld is R2,150 wat alle etes, verblyf en busgeld by die kamp, insluit.
4.3             Ek sal meer detail oor die kamp bespreek met ons oueraand oor o.a. hoekom ‘n kamp nodig is.

    5.  ORKESTOER

Die beplanning vir ons Kaapse toer vorder maar redelik stadig.  Ek is baie knaend op die mense om kwotasies uit die plekke te kry!  Maar hou moed, ek is amper daar!!!  Ek sal u sekerlik binne ‘n week of twee volledig kan inlig!

Die optredes by die oesterfees te Knysna is reeds in tydgleuwe, maar hul wil nie bevestig voordat hul nie hul vergadering met al die partye gehad het nie.

Die oefenweek saam met die Suid-Afrikaanse Vloortorkes is reeds deur die Hoof van die Vloot goedgekeur asook deur kommandeur Kenny leibbrandt van die orkes.

Hierdie gaan weereens ‘n toer vir ons kinders wees om nooit te vergeet nie!

    6.  BLOG

Ek wil ons nuwe ouers aanmoedig om ons blog te besoek en te registreer sodat u al die inligting en foto’s wat ons daarop plaas kan kry:  klofieorkes.blogspot.com

    7.  FINANSIES

Ouers, finansies is maar altyd ‘n redelik krisis, en ek weet dat die orkes sy pond eis.  Ek wil u vriendelik versoek om my te kontak indien finansies ‘n krisis is, want ons moenie toelaat dat finansies die rede is hoekom ‘n kind nie in die orkes kan wees nie.  Ek het nie altyd die antwoorde of oplossings nie, maar ons kan probeer om hulp te kry.

Ek reël byvoorbeeld alle kampe en toere self om ons uitgawes tot die minimum te beperk – ek probeer regtig help waar ek kan.

Vriendelike groete!!

Danie









D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755


No comments:

Post a Comment