Monday 25 February 2013

Danie Epos Nr 8: 2013


Geagte ouers.

HOOFLEIER AAN DIENS:         GIDEON
LEIER AAN DIENS:                   ANNETTE

Tyd vlieg darem maar verskriklik vinnig!! Dis alweer naweekoefening!! J

     1.      PROGRAM VIR DIE WEEK
1.1             Dinsdag, 26 Februarie:  Die saal is nie beskikbaar nie en ek en die leiers besoek ons kampterrein.  In die lig hiervan, gaan ons soos volg oefen:

Die volgende seniors moet asb. saam met die volgende juniors oefen:

SENIORS
JUNIORS
OEFENPLEK
Anri
Carine
Sinead
Leandri
B1
Renier
Lara
Divan
Anelle
B2
Ian
James
Nina
Kayla
B5
Ruan
Braam
Andrich
Deel B5
Hansie
Damien
Boom 1 J
Simon
Anica
Ewan
Cara
Jacques:  Reel met lokaal in musiekdepartement.

Die leiers vertrek direk na skool saam met my na Kwalata vir ‘n vergadering daar met die kamppersoneel.

1.2             Donderdag, 28 Februarie:  GEEN oefening a.g.v. Interskole Atletiek.

1.3             Naweekoefening: 
1.3.1       Ons oefen in die kerk hier oorkant die skool – die Waterkloof Ope skaaktoernooi vind plaas in die skoolsaal. 
1.3.2       Peter is weer in beheer van die naweekoefening.
1.3.3       Onthou R60 etegeld vir die naweek.
1.3.4       Oefentye soos op program.
1.3.5       Soos ek reeds genoem het, sal ons nie kan braai nie.  Die konsert gaan voort om 17:00 in die kerk.  Bring u vriende, familie en vriende saam!!
1.3.6       Ons moet na afloop van die konsert die kerk en kerksaal skoonmaak en alles oppak en terug dra skool toe.  MOET ASB NIE U KIND VAT VOOR ONS KLAAR OPGEPAK EN ALLES GEBERE HET NIE!!  Elke kind se hulp word benodig.  U MOET begrip he dat AL die kinders moeg is en almal van hulle wil vinnig by die huis kom – daarom moet ALMAL help tot ons klaar is.

       2.      ORKESKAMP
2.1             Baie dankie vir die ouers wat al die kampgelde inbetaal het.  Onthou die verwysing vir die kamp is ORKES-Kamp-kind se naam en van.
2.2             Kampgelde moet ook asn op die laatste teen Vrydag 15 Maart inbetaal wees en REEDS op die bankstate verskyn.  Indien u elektronies betaal moet u seker wees dat u reeds teen die eerste week in Maart die inbetalings afhandel.  Slegs kontant kan inbetaal word in die week voor die 15’e.  GEEN elektroniese inbetalings in daardie week nie.
2.3             U sal volgende week ‘n volledige kampprogram ontvang met alle reelings en tye.

      3.      OPTREDE
3.1             Ons eerste groot optrede is Saterdag, 9 Maart by ddie Abram Kriel Kinderhuisfunksie te Braynston.  Die hele orkes gaan saam, maar die nuwe lede gaan nie optree nie.
3.2             Ek sal na die naweekoefening bepaal watter van die nuwe lede mag optree.

Groete!

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755

No comments:

Post a Comment