Monday 11 February 2013

Danie Epos Nr 6 : 2013


Geagte ouers.

HOOFLEIER VIR DIE MAAND AAN DIENS:        ESTIAAN
LEIER VIR DIE WEEK AAN DIENS:                         NERINA


   1.  WEEKPROGRAM

1.1             Oueraand:  Ons oueraand sal vanaand in die personeelkamer wees om 19:00.  Die Agenda is aangeheg.  Ek vra by voorbaat om verskoning vir al die stof in die personeelkamer a.g.v. die bouwerk!
1.2             Oefening Dinsdag om 14:30 in die skoolsaal.
1.3             Geen oefening Donderdag a.g.v. die valentynsbal nie! 


   2.  NAWEEKOEFENING

2.1             Ons volgende naweekoefening is 1 en 2 Maart.
2.2             Hierdie naweekoefening is een van ons hoogtepunte.  
2.2.1       Ons verwelkom ons nuwe lede daardie naweek.
2.2.2       Ons sluit ons naweekoefening af met ‘n konsert vir ons ouers om 17:00 in die skoolsaal waar die nuwe lede vir die eerste keer optree vir hul ouers.  U is welkom om u familie, vriende, oumas en oupas ensovoorts saam te bring.
2.2.3       Na afloop van ons optrede, is daar ‘n bring en braai in die dome.  Meer hieroor by vandaand se oueraand.


   3.  ORKESKAMP

Baie dankie aan al u eposse van ondersteuning na aanleiding van my epos oor die kamp.  Dit blyk te wees dat meeste van u my en die orkes se situasie nou beter verstaan en meer begrip vir die kamp en kampdatum het – ek waardeer dit.  Die kamp is ‘n uiter belangrike aktiwiteit van die orkes en ons kan regtig nie daarsonder wees nie – dit is een van ons “geheime wapens” tot ons sukses.  Dit is nou vir ons moeilik en vir my, u en u kind ‘n groot opoffering, maar die vrugte pluk ons later en dan is dit goed en mooi.  Nogmaals baie dankie vir u begrip en ondersteuning.  Ek wil versoek dat indien daar nog enige probleem rakende die kamp is, u dit met my sal opneem.

Kampgeld word elektronies by die skool inbetaal.  Die skool se   
bankbesonderhede is soos volg:

REKENINGNAAM:               Hoërskool Waterkloof
BANK:                                     ABSA
REKENINGNOMMER:         3490144454
VERWYSING:                        ORKES-Kamp-(Kind se naam en van)       Moet ASB 
nie u eie verwysing opmaak nie, want dan gaan die geld nie in die regte 
rekening in nie!!

Epos of stuur bewys van betaling aan my.


    4.  AANHANGSELS

Die volgende aanhangsels is by hierdie epos:

4.1             Opnames en kontrole:  Die seniors se ouers sal opmerk dat ek klaar u kind se winste van verlede jaar se Gala-aand by die kampgeld ingedeel het en dit wat oorgebly het by die toer.  Die toerprys is op hierdie stadium nog ‘n geskatte bedrag van R3,800.00 (R500 meer as 2011!).  Ek is nog besig met onderhandelings ens en sal seker teen die einde van die week ‘n finale bedrag kan vasstel – en ek twyfel of dit meer as R3,800.00 gaan wees!

4.2             Register:  Die register word bygehou soos volg:

a/                                Kind was laat MET verskoning
/a                                Kind loop voor 17:30 MET verskoninng
a/a                             Hele oefening afwesig MET verskoning
a/,  /a,  a/a              Afwesig SONDER verskoning.  Die volgende keer word die kind se lidmaatskap be-eindig.

4.3             Agenda vir vanaand se oueraand:  Laat weet my asseblief indien daar punte is wat ek moet byvoeg.

Groete en sien julle vanaand!! J

Danie




D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755


No comments:

Post a Comment