Monday 14 January 2013

Danie Epos nr 2: 2013


Geagte Ouers.

Vriendelik versoek ek u om hierdie epos uit te druk en vir u kind te gee.  Ek sien nie die kinders voor al hierdie goed moet gebeur nie en ek is bang hul weet nie waar moet hulle wanneer wees nie.  Baie dankie vir u hulp!!
  
    1.  WEEKPROGRAM

1.1             Dinsdag, 15 Januarie:  Geen oefening as gevolg van die Interhuis.

1.2         Woensdag, 16 Januarie: 
1.2.1       Die orkeslede moet die oggend voor skool hul instrumente in die orkeskamertjies gaan toesluit.  EK WIL WEER ‘n BEROEP OP U DOEN OM MET U KIND TE PRAAT SODAT HULLE NIE HUL INSTRUMENTE (VERAL DIE SKOOL SE INSTRUMENTE!) IN DIE MUSIEKDEPARTEMENT GAAN NEERSIT NIE. Dit raak weg of beskadig daar.  Die musiekkamertjies word op elke oefendag oopgesluit voor skool en enige ander tye is die sleutels in my poshokkie OF die sleutels is by my, die leier aan diens of by die 2 hoofleiers beskikbaar. 
1.2.2       Die orkes begelei en oefen die Skoollied en Volkslied saam met Druppels in die skoolsaal gedurende die laaste 2 periodes.
1.2.3       Die orkeslede moet Woensdag en Donderdag aan die einde van die 5de periode saal toe gaan.  Ek sien nie die orkeslede nie en versoek u om hierdie reëlings aan die orkeslede deur te gee.

1.3         Donderdag, 17 Januarie:
1.3.1       Ons oefen weer periode 6 & 7 saam met die druppels.
1.3.2       Na die oefening moet die kinders gou uittrek en eet. 
1.3.3       14:30 – 15:30      Ons oefen ons vir ‘n uur deur ons musiek
1.3.4       15:30 – 16:00      Trek denim en skool se LO-hempie aan.
1.3.5       16:00 – 16:20      Laaste repitisie saam met die Druppels.
1.3.6       16:30                    Eerste vertoning
1.3.7       17:45                    Tweede vertoning
1.3.8       19:00                    Laaste vertoning
1.3.9       Die orkeslede moet asseblief genoeg koue water / koeldrank by hulle hou.  Koelhouers mag by hulle staan met water en eetgoed in.
1.3.10  Indien u ons kan help met waaiers om tussen die kinders te sit, sal ek dit baie waardeer!

      2.  ORKESKAMP:  31 MAART – 6 APRIL

2.1             Ek het so ‘n paar versoeke ontvang om die kampdatum te vervroeg na 20 – 27 Maart a.g.v. orkeslede wat onder andere wil gaan vir oudisies by Simfonia Juventi – en dit is hul oefenkamp se datum.
2.2             Ek het vanoggend Kwalata en verkeie kampterreine gekontak vir plek vir 20 – 27 Maart, maar op hierdie stadium sonder enige sukses.
2.3             Ek is op hierdie stadium bewus van 4 orkeslede wat ‘n probleem het.  Kan u my asseblief spoedig laat weet indien u kind ‘n probleem het met 31 Maart – 6 April.  Ek sal Donderdagmiddag met die orkes ook hieroor praat, maar intussen sal ek kyk wat ek kan doen.

     3.  KAAPSE TOER

Al my eposse vir alle versoeke en kwotasies is reeds uit. Sodra ek terugvoer van almal ontvang het, kom ek terug na u toe.

     4.  NUWE LEDE EN OUDISIES

4.1             Werwing van nuwe lede:  Ons sal volgende week in alle erns begin met werwing vir nuwe lede.  Ons het in die volgende 2 jaar lede vir alle instrumente nodig.  Probleemareas waar ek die grootste nood het, is die volgende:
4.1.1       Viool
4.1.2       Cello
4.1.3       Dan is daar die volgende ongebruikte instrumente:  1 tromboon, bariton, eufonium, klarinet en nog vele meer.
4.1.4       Ons vat geen kitare op hierdie stadium in nie, maar sal wel ‘n elektriese ritme kitaar kan oorweeg indien die kind baie goed is.
4.1.5       Ons benodig 2 leerders (verkieslik Gr 8) om te begin oplei vir timpani en perkussie vir 2014.  Soos ek reeds verlede jaar aan u deurgegee het, is die minimum vereiste dat die 2 seuns baie goed moet kan dromstel speel en hul moet ook drommusiek kan lees.  Die leerder wat hierdie jaar saam met Lumar by die perkussie moet speel, volg hom op wanneer hy in matriek klaar maak met die dromstel – Lumar neem die dromstel oor by Gideon aan die einde van die jaar.
4.1.6       Indien u weet van enige leerders wat ek kan nader, kontak my asseblief dringend!

4.2         Orkesoudisies:
4.2.1       Sien vorige epos.
4.2.2       Die hele orkes speel uit op Donderdag, 22 Januarie.
4.2.3       Indien u hierdie oudisies wil bywoon, is u meer as welkom!  Dit word in seksieverband in die skoolsaal gedoen.
4.2.4       Sodra die seksie klaar is met hul oudisie, mag hulle verdaag.  Om dit regverdig te hou, trek die seksies lootjies om te bepaal wie kom wanneer.

4.3         Konsertmeesteroudisies:
4.3.1       Hierdie oudisies word vanaf eerskomende Donderdag gedurende alle oefeninge gedoen en ek sal die nuwe Konsertmeester aanwys gedurende die naweekoefening in Februarie.
4.3.2       Die kandidate kry soos volg hul beurte:
a.     Annette:        Donderdag,  17 Januarie
b.     Ian:                 Donderdag, 24 Januarie
c.     Jacques:       Vrydag,  25 Januarie (14:00 – 17:30)
d.     Michelle:       Vrydag, 25 Januarie (18:00 – 21:00)
e.     Annette:        Saterdag, 26 Januarie (09:00 – 13:00)
f.        Ian:                 Saterdag, 26 Januarie (14:00 – 17:30)
g.     Jacques:       Dinsdag, 29 Januarie
h.     Michelle:       Donderdag, 31 Januarie
i.         Donderdag, 31 Januarie:  Onderhoude sal in my kantoor plaasvind en die paneel wat my gaan help is voorlopig die huidige twee hoofleiers, Gideon en Estiaan, Peter van der Poel (Konsertmeester 2004 – 2008) en Renée Hartzenberg (Konsertmeester 2009 – 2011) en Dietrich Bauermeister (Konsertmeester 2012).  Die loting is soos volg:

18:00 – 18:30            Michelle
18:30 – 19:00            Annette
19:00 – 19:30            Ian
19:30 – 20:00            Jacques

Hulle moet die volgende saambring en voorberei:
Ø  Voorgestelde opwarmingsoefeninge.
Ø  Hul moet presies kan verduidelik hoe hulle die orkes gaan hanteer gedurende ‘n opwarmingsessie.
Ø  Ek wil weet wat is hul visie vir die orkes is en hoe hul daarby gaan uitkom in die praktyk.
Ø  Dan gaan hul onderworpe wees aan vrae van die paneel.

Enige ouer of enige orkeslid mag hierdie onderhoude bywoon.  Kontak my net vooraf in hierdie verband.

     5.  JAARBEPLANNING

Vriendelik, maar baie dringend, wil ek u versoek om asseblief na ons Jaarbeplanning te kyk en my dadelik te laat weet waar probleme is.  Dit is nou nog redelik maklik om veranderings aan te bring, maar later raak dit soms onmoontlik.  U samewerking sal werklik nou waardeer word om latere ongelukkigheid te voorkom.

Kan ek asseblief alle probleme en botsings kry teen die einde van die week sodat ek die naweek dan daaraan aandag kan gee.

Vriendelike groete!!

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755








No comments:

Post a Comment