Saturday 7 April 2012

Klofie Orkes Blog bereik Mylpaal

10 000 besoekers in minder as 'n Jaar!


Die blog het die 10 000 'hits' merk verbygesteek nog voordat 'n jaar verby is.  Die totale aantal 'hits' vir die jaar  staan nou op 10 151.  Maar hierdie syfer alleen gee nie die volledige prentjie nie.  Die hoeveelheid 'hits' vanaf lande regoor die wêreld vertel 'n baie interessante storie.  

Soos verwag kan word het Suid-Afrika die meeste hits gehad met 'n totaal van 7001.  Ongelukkig kan die provinsies nie onderskei word nie.  Wat sekerlik die vreemdste is om te sien, en natuurlik ook baie verblydend is om te sien, is die die groot aantal (1 868) hits vanaf Brittanje.  Die VSA en Duitsland volg in die derde en vierde plekke met 385 en 256 hits onderskeidelik.  

Wat egter verskillend tussen die VSA en Duitsland is, is dat die VSA elke maand ongeveer dieselfde hoeveelheid hits toon terwyl Duitsland wissel van geen hits vir sekere maande en dan tot selfs 40 hits ander maande.  Rusland se gereelde belangstelling staan ook duidelik uit tussen die res van die ander lande.  

Hierdie grafiek toon slegs die top tien besoekende lande aan die blog.  Daar is hits vanaf verskeie ander lande maar die hoeveelhede was te min om 'n duidelike patroon te wys.  

Dit blyk oor die afgelope vier maande dat die gemiddelde aantal hits per maand ongeveer 1200 was.  Die tendens toon ook dat hierdie getal geleidelik aan die toeneem is.  

Die logiese vraag wat opkom is natuurlik: 

Wie is die mense regoor die wêreld wat ons blog so getrou volg?

Maestro het my gevra om hier op die blog 'n uitnodiging te rig aan die besoekers aan die blog om vir ons te laat weet wie julle is en hoe julle aan die orkes verbonde is.  Ons hoor graag van julle!

Stuur gerus vir ons 'n epos na een van die volgende epos adresse:
maestro@vodamail.co.za  
jannie.h@polka.co.za

No comments:

Post a Comment