Monday 9 April 2012

Danie Epos Nr 12: 9 April 2012

Geagte ouers.

Ek hoop julle almal het ‘n geseënde Paasfees gehad en dat die ware boodskap in u elkeen se harte betekenis gekry het.

Nou ja, hier is ons aan die begin van die tweede kwartaal – normaalweg die moeilikste kwartaal van almal!  Baie oefeninge, baie optredes, toetsreekse en eksamens en nog vele meer.

    1.     OPTREDES GEDURENDE SKOOLURE / WEEKSAANDE

Soos u reeds op ons jaarprogram opgemerk het, tree ons nie veel op gedurende skoolure en weeksaande nie.  Soms is dit egter onvermydelik soos byvoorbeeld die optrede by Melrose Arch.  U kan verseker wees dat ek die kinders in hierdie besluite in ag neem.  Aan die begin van die jaar kan ons dit nog doen, maar later raak dit regtig moeilik om dat gedurende skoolure en weeksaande op te tree.  Weeksaande bly maar ‘n tameletjie omdat baie funksies wel in die week plaasvind.  Maar ek wil vir u die versekering gee dat el dit elke keer deeglik oorweeg voordat ek ‘n besluit neem.  Optredes gedurende skoolure is vir my ook baie moeilik omdat ek matrieks het wat dan op toesig moet gaan.

As ek dit reg het, is daar hierdie jaar nog net een optrede gedurende skoolure oor en dit is die UP se Etensuurkonsert (sien punt 4).

    2.     WEEKPROGRAM

Ons program vir die week lyk soos volg:

2.1               HOOFLEIER VIR DIE MAAND AAN DIENS:  Gideon Zeeman
2.2               LEIER VAN DIE WEEK:  Michelle Hartzenberg
2.3               DINSDAG, 10 APRIL:  Geen oefening a.g.v. personeelvergadering.
2.4               DONDERDAG, 12 APRIL:  Seksieoefeninge:

STRYKERS
JACQUES:
Simon,  Alize
DWARSFLUITE
INEKE:
Cariné,  Liné
KLARINETTE
GEEN OEFENING
SAKSOFOON
MICHELLE:
Ruan duP
KOPERBLASERS
ANNETTE:  Nicolaas

WIAN:  Stephan

DANIëL M.
Alex,  Siebert
KITAAR
MARKO:
Armin
KLAVIER
CHRISTI-LOUISE:
Paul


2.5               NAWEEKOEFENING:  Vrydag, 13 April en Saterdag 14 April  (Etegeld: R60 per orkeslid). 

2.6               OPTREDE:  Saterdagaand, 14 April:  Slegs die seniors en soliste met “backtracks” tree op by die Pretoariase Jeugbal te St Mary’s DSG (18:30 – 19:30).  Volledige detail volg.

     3.     EKSAMENTYE

Ons oefen NIE gedurende die week wanneer die kinders (en veral die matrieks) eksamen skryf NIE, dan oefen ons net naweke (sien die jaarprogram en eerste vergadering het ek dit al gesê).  Kinders moet vroegtydig hiervan bewus raak, veral die kinders wat musieklesse op Vrydae het.  Hierdie is al van die begin van die jaar af so op ons Jaarprogram aangedui en dit werk elke jaar so.  Alle probleme moet asseblief vooraf en vroegtydig uitgesorteer word sodat daar nie onnodige spanning en krapperigheid kom nie asseblief. Dit is nie lekker as ek en u koppe stamp in hierdie tye nie en dit stel my in ‘n baie baie moeilike posisie indien daar allerhande versoeke kom.  Die kinders moet vroegtydig beplan en begin leer, veral as hulle die Maandag ‘n leervak skryf.  U weet dat ek ‘n hoë premie op die akademie stel en u wys my gereeld daarop, maar ek glo u sal dit kan insien dat die hele orkes eksamen skryf en dat die hele orkes moet oefen – help asseblief u kind met studietye ensovoorts en ook dat hy/sy by die oefeninge kan uitkom.

     4.     OEFENWEEK

Ek het hierdie oefenweek al met ons heel eerste vergadering onder u aandag gebring.  Ons oefenweek hierdie jaar is 17 – 22 September (14:00 – 18:00) – ‘n week voor die SA’s.  Ons het nog nie die rekordeksamen se datums ontvang nie en dit sal dalk nodig wees om die oefenweek een week terug te skuif.  Sodra die rekordeksamenrooster beskikbaar en gefinaliseer is, sal ek weer hierna kyk en u dadelik op hoogte bring.  Vriendelik, maar baie dringend!!, versoek ek dat elke kind by elke oefening sal wees.  Ek wil weer vra, soos ek al met ons eerste vergadering gevra het, dat u en die kinders vroegtydig met hulle musieklesse ensovoorts moet reël vir daardie week. 

     5.     DIE LEON HAESE UNIVERSITEIT VAN PRETORIA ETENSUURKONSERT

Ons is weereens uitgenooi om op Donderdag, 16 Augustus op te tree  by die  Tukkies Etensuurkonsert in die Musaion.  Dit is ‘n baie groot geleentheid en groot eer om as skoolorkes na hierdie reeks etensuurkonserte uitgenooi te word.  Akademies verloor ons daardie dag omdat ons al redelik vroeg by die Musaion moet wees om op te stel.  Sodra ek meer inligting het, sal ek dit aan u deurgee.  Ons vertrek gewoonlik so teen pouse, dit beteken dat ons die periodes na pouse mis.  Die onderwysers is gewoonlik baie behulpsaam met ons kinders op hierdie dag – hul moet dit net voor af met hulle gaan bespreek.

Ons oefen nie daardie middag nie sodat die orkeslede die werk wat hul verloor kan inhaal.  Hulle moet vroegtydig iemand vra om vir hulle alles wat die dag gedoen word neer te skryf en dan moet hulle dit die middag inhaal.

     6.     ORKESKAMP

Baie dankie vir al die gelde wat reeds inbetaal is.  Ek sal hierdie week die nuutste state by die skool gaan trek en ons lys met kampgelde opdateer.  Ek wil net weer versoek om asseblief die regte verwysing te gebruik, anders sien ek nie dat u gelde inbetaal is nie.  Ek vat myself as voorbeeld:

ORKES-Kamp-DanieSmith

Net weer die bankbesonderhede vir alle inbetalings:

Bank:  ABSA
Rekeningnaam:  Hoërskool Waterkloof
Rekeningnommer:  3490144454
Takkode:  336445
Verwysing:  ORKES-Kamp-u kind se naam en van

Die verwysing vir alle orkesinbetalings moet begin met ORKES-
Daarna die kodewoord wat die kantoor vir my gee, soos byvoorbeeld Kamp-
En heel laaste u kind se naam en van (skryf tot karakters op is).

ALLE KAMPGELDE MOET ASSEBLIEF OP DIE LAATSTE TEEN MAANDAG, 4 JUNIE 100% INBETAAL WEES. Die kampterrein se rekening moet twee weke voor die kamp vereffen wees en ek kan gelde voor die vakansie by die skool aanvra net tot die 15 Junie.  Hierdie “deadlines” kan nie geskuif word nie.  U samewerking in hierdie verband word dringend gevra.

     7.     SA’s 2012:  28 & 29 SEPTEMBER 2012

Ons het die naweek vergader by Hoërskool Empangeni en ek het ook die plek waar ons gaan bly besoek.

Ons gaan verseker by Canefields bly.  Dit is ongelooflik mooi en baie baie netjies daar.  Die eienaar doen baie moeite om aan al ons versoeke te voldoen BEHALWE aan die plekke vir ons ouers.  Hy het ‘n ander groep ook daar en kan eers die verblyf aan ons ouers oor ‘n week of twee bevestig. 

Die kompetisie gaan moontlik oor twee dae plaasvind (28 en 29 September), maar dit hang af van die aantal inskrywings.  Op hierdie stadium blyk dit te wees dat hulle dalk al die orkeste steeds in een dag sal kan inpas.  Ek sal spoedig ons toergeld begin uitwerk en aan u deurgee.  Ek moet al die kwotasies net eers weer bevestig soos bv is die bus nog dieselfde na brandstofprys se ou verhoginkie, ek het twee bedrae vir die verblyf op twee verskillende eposse en Saterdag toe ek by die plek was, toe praat die ou ‘n ander prys (gelukkig laer!!) ensovoorts!

Die voorlopige beplanning vir die SA’s is min of meer soos volg (indien die SA’s net die Saterdag is):

PROGRAM A
Do. 27 September
05:00
Vertrek Empangeni toe.
Vr. 28 September
08:00 – 13:00


13:30
Maak instrumente skoon, stoom konsertklere ensovoorts (en wag vir matieks wat Do.aand matriekafskeid gehad het).
MATRIEKS ARRIVEER VOOR 13:00.
Bus vertrek H/skool Empangeni toe.

14:00
14:30- 17:00
Middagete by H/skool Empangeni
Klanktoets en opstel van verhoog by Hoërskool Empangeni.

18:00 -
Uiteet by SPUR, Merensee, Richardsbaai.
Sa. 29 September

Die GROOT dag...
So. 30 September
Baie vroeg...
Vertrek terug Pretoria toe

               
PROGRAM B
Vr. 28 September
05:00
Vertrek Empangeni toe (of vertrek Donderdagoggend).
Sa. 29 September

08:00
Hele dag!
Die GROOT dag...
Klanktoets en opstel van verhoog by Hoërskool Empangeni.
SA’s
So. 30 September

Hele dag!
Slaap leke laat!!
Ontspan die dag by die see en moontlike optrede by die Waterfront (Merensee, Richardsbaai).
Ma. 01 Oktober
Baie vroeg...
Vertrek terug Pretoria toe.

Sal u asseblief so vriendelik wees en kommentaar lewer op bogenoemde beplanning?  Vir die orkes sal die program A die mees ideale program wees.  Al wat anders sal wees is dat ek en die matrieks dan eers Vrydag by die orkes sal aansluit.  Die orkes sal vooruit ry en Vrydagoggend aangaan soos beplan onder leiding van die leiers en ouers wat saam met hulle sal wees.


     8.     GALA-AAND

Die Z.K. Matthews Ouditorium is weereens vir ons bespreek vir Saterdagaand, 13 Oktober.  Al wat nou baie vinnig moet gebeur is om die kaartjies uit te kry om verkoop te word en ons depositi moet betaal word.

Die kaartjies is reeds ontwerp en sal so gou moontlik by u en die kinders wees om verkoop te word.  Ons Gala-aande is GROOT!!!  Ek kan nie meer wag daarvoor nie!

     9.     OPGEDATEERDE JAARPROGRAM

Aangeheg sal u die opgedateerde Jaarprogram vind.  Ignoreer en vernietig asseblief alle vorige Jaarprogramme.  U sal die nuutste Jaarprogram kan onderskei met vandag se datum by “Opgedateer” onder aan die eerste bladsy.

[Die jongste weergawe is ook op die gewone plek beskikbaar bo-aan die blog - Ed]

D.J.F. Smith
DIRIGENT: HOëRSKOOL WATERKLOOF KONSERTORKES
DIREKTEUR KULTUUR
TELEFOONNOMMER:   012-347 0277 X 130
SELNOMMER: 082 853 8698
FAKS:  086 512 8755

con spirito, 2012 Jesus-jaar!!

No comments:

Post a Comment