Saturday 21 April 2012

Groton High School, USA Chamber Orchestra besoek Klofies Binnekort

Groton High School School  van Boston, USA se Chamber Orchestra besoek die Klofie Orkes binnekort.  Die skool het 'n ryk en trotse musiek- en kuns tradisie en hul besoek beloof om iets besonders te wees.  Kyk gerus na die Saksofoon uitvoering video - die standaard is ongelooflik hoog.

Hulle arriveer in Pretoria die 23ste Junie 2012 waar hulle die grootste deel van die dag saam met die orkeslede gaan spandeer.  Saterdagaand word daar 'n tradisionele braai gereël na afloop van 'n informele konsert waar beide die orkeste optree.  Sondag 24 Junie 2012 is daar 'n optrede om 12:00 in die Pretoria Nasionale Botaniese Tuine.

Die volledige toerprogram van die Groton High School is bo-aan die blog beskikbaar. Die informasie wat hier geplaas is word daar herhaal sodat nuwe aktiwiteite van die orkes geplaas kan word en hierdie informasie dan steeds maklik beskikbaar sal wees.

Om die skool se website te besoek volg hierdie link: http://www.groton.org/

GROTON
Cui Servire Est Regnare (To Serve Is To Rule)

Die Groton Kampus:


No comments:

Post a Comment