Geagte ouers.
In die eerste plek wil ek vir u almal baie dankie sê vir u
ondersteuning, belangstelling en begrip in die tyd toe ek in die hospitaal was
en daarna. Ek waardeer dit ongelooflik baie!! Die orkes en
orkesleiers is ongelooflik – hulle het so mooi aangegaan en presies geweet wat
om te doen en hoe om dit te doen. Dis nou wanneer ek die vrugte pluk van
konsekwentheid en goeie leiers!
Nou ja, terug by ons werk!
1.
PROGRAM
VIR DIE WEEK
1.1 Dinsdag, 24 Maart: Normale orkesoefening
14:30 – 17:30.
1.2 Donderdag, 26 Maart: GEEN oefening.
Die seuns wie se name by punt 5 genoem is, moet dringend om 14:00 in my klas
wees.
2.
SPUR
2.1 Baie dankie aan elke orkeslid wat Sondag by die
SPUR gewerk het. Baie dankie ook aan die orkeslede wat individueel
opgetree het en so pragtig musiek gemaak het.
2.2 Ons het weer so R2000.00 wins gemaak en ons het
nou al meer as R4000.00 so ingesamel.
2.3 Elke orkeslid wat teenwoordig was, kry more
tydens die oefening hul “tips”! Net weer vir duidelikheid – die orkeslede
moet hul “tips”met die helfte deel en aan hul SPUR-kelner gee. Daarna
word al die fooitjies in die poel gegooi en gelykop gedeel tussen al die kinders wat die dag betrokke was.
2.4 Baie dankie aan Carin Hartzenberg wat die hele
projek organiseer en administreer. Enige navrae kan direk aan haar gerig
word.
2.5 Volgende SPUR-dag is 20 Mei.
3.
“BACK
TRACKS”
3.1 Ek wil u weereens aanmoedig om u kind te
motiveer om ‘n boek of twee met ‘n CD te kry om mee saam te oefen en te
speel. Dit motiveer die orkeslede ongelooflik en stel hulle so mooi bloot
om saam met die cd op te tree.
3.2 Hierdie cd’s kan ook by familiegeleenthede
ensovoorts gebruik word.
3.3 Ek voel ook dit ontwikkel die kind se
selfvertroue en gee hom of haar die geleentheid om te kan optree.
3.4 Baie orkeslede kry nooit die geleentheid om as
solis op te tree nie a.g.v. die struktuur in die orkes. Hierdie gee enige
orkeslid die geleentheid, want ek laat hulle toe om op te tree – enigste
vereiste is dat hulle die musiek baie goed moet ken!
4.
KKF
4.1 Ek wil baie dankie sê vir die volgende orkeslede
wat vir die Klofie Kunstefees (KKF) inskryf:
4.1.1 Ruan (Tenoorsaksofoon)
4.1.2 Michelle (Sopraan en Altsaksofoon)
4.1.3 Anri (Dwarsfluit)
4.1.4 Anri en Michelle (duet)
4.1.5 Animé (Viool)
Julle gaan ons sommer baie trots
maak!!
5.
KONSERTKLERE
5.1 Ons konsertklere is bykans klaar. Ons gaan
nou begin met finale passings en ek wil ‘n dringende beroep op u en u kind doen om by hierdie datums te hou. Indien ‘n kind nie opdaag nie, kan die
klere nie betyds klaar wees nie.
5.2 Die volgende seuns moet almal Donderdag om 14:00
in my klas wees vir hul finale passing:
5.2.1 Basson, Zanro, Alex, Richard, Ruan du Randt,
Damien, Renier, Simon, Stefan, Stephan, Lumar, Armin, Paul, Nicolaas, Carel,
James, John, Siebert, Neil.
5.2.2 Die meisies se klere is klaar en hoef nie gepas
te word nie.
6.
OPNAMES
6.1 U moet asseblief die volgende nagaan en my laat
weet of alles reg is:
6.1.1 Uitstaande naweekoefening etegelde
6.1.2 Afwesighede
6.1.3 VSA-verblyf: Ek kort nog verblyf vir 4
groepies van 2 studente en vir 5 volwassenes.
Ek sal dit baie waardeer
indien daar nog ouers is wat ons kan help. Onthou ook die dag saam met
die VSA-orkes op Saterdag, 23 Junie 2012 en Sondag 24 Junie tree ons saam met
hulle op by die Botaniese Tuine tussen 12:00 – 15:00. [Onthou ook die link na hul skool se webblad bo-aan die blog - Ed]
6.1.4 Kampgelde: Die kampgeld is R2,150 en die
braai is R75 per person. Ek het dit reeds bymekaar getel soos wat u dit
vir my deurgegee het. Inbetalings is ook reeds afgetrek. Maak ook
asseblief seker dat hierdie bedrae reg is. Indien u nog moet bespreek vir
die braai (onthou om u orkeskind by te tel!!), moet u my spoedig laat weet.
[Soos gebruiklik word finansies en ander vertroulike inligting nie op die blog
gepubliseer nie. Verwys asb na die aanhangsel aan die oorspronklike epos vir hierdie
inligting - Ed]
gepubliseer nie. Verwys asb na die aanhangsel aan die oorspronklike epos vir hierdie
inligting - Ed]
Rustige week vir u!!
Groete.
Danie
D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer: 082 853 8698
Telefoonnommer (skool): 012 – 347 0277 X 130
Faksnommer: 086 512 8755