Tuesday 16 August 2011

Ouervergadering: 15 Augustus 2011

Ten spyte van die koue - bitter koue - het die orkesouers weereens hulself oortref en in groot getalle opgedaag vir die vergadering.  Dit alleen vertel die verhaal van die suksesse wat die orkes hierdie jaar alreeds behaal het.

"Well Done"  Orkesouers!

Danie het die vergadering begin deur terugvoer te gee oor die toer.  Knysna, die V & A Waterfront, asook Port Elizaberth het die orkes uitgenooi om volgende jaar daar op te tree. Komplimente kan nie op 'n beter manier as dit uitgedeel word nie.

Danie het ook vir die kinders groot waardering gehad.  Hy het net lof gehad vir die gedrag van die orkeslede gedurende die toer.  Die dissipline was puik en hy het sover gegaan om te se dat in sy 25 jaar se ervaring met orkeste (wat China, Amerika, Europa insluit) het hy nog nooit so 'n hoogtepunt beleef soos met die afgelope toer nie.

Sake op die agenda was as volg:

1.  Die Galakonsert
2.  Fondsinsamelingsprojekte
3.  Volgende jaar se toer
4.  Die SA's 2011
5.  Staatsteater kaarjies te min
6.  Uitstaande kleregelde
7.  Duitse orkes besoek


1.  Galakonsert


Die Hoof van die Vloot, asook Kommandeur Kenny Leibrandt., dirigent van die Vlootorkes, het reeds aangedui dat hulle die Galakonsert op 15 Oktober gaan bywoon.  Die Hoof van die Lugmag en die dirigent van die Lugmagorkes gaan ook uitgenooi word na die konsert wat in die ZK Mathews ouditorium by UNISA plaasvind.  Die ouditorium kan 'n 1000 gaste akkommodeer.

Die klank en beligting word deur 'n professionele maatskappy hanteer.  Die maatskappy het ook die Vloot se optrede in 2010 hanteer wat in dieselfde teater plaasgevind het.  'n Opname van die konsert gaan op CD vrygestel word.

Die Galakonsert gaan gebruik word om fondse in te samel vir volgende jaar se toer.  Kaartjies kos R150.00 en elke gesin ontvang 20 kaartjies om te verkoop.  Kaartjies word op 'n "first come, first serve" beginsel verkoop wat beteken dat diegenne wat eerste hul betalings maak kan die beste sitplekke bespreek by Nana.

2. Fondsinsamelingsprojekte 

Ouers word versoek om met kreatiewe idees na vore te kom om fondse vir die orkes in te samel.  Om byvoorbeeld 'n toer na Amerika aan te pak is die totale bedrag geld wat ingesamel moet word naby die R1.5 miljoen kerf.  "As jy  gaan . . .  gaan GROOT!"

3.  Toer 2012

Die ouers teenwoordig het oorweldigend gestem dat volgende jaar se toer weer na Knysna en Simonstad sal wees.  Ons werk egter ook daarna om in 2013 na Amerika te toer om daar in 'n internasionale kompetisie te gaan deelneem.

4.  SA's 2011

Die Superliga kompetisie gaan dalk nie plaasvind nie nie.  Danie sal terugvoer gee en as die kompetisie gekanselleer word sal die naweek 'n normale orkesoefening wees.

Die SA's beloof om 'n groot gebeurtenis te wees.  Die oefenweek in September is UITERS belangrik en ALMAL moet it bywoon. Hans Nel gaan moontlik kom help met die afronding van "Mailcoach"

Na afloop van die SA's gaan almal wat wil weer Dros toe in Waterkloof om lekker te kuier - moet dit nie misloop nie - verlede jaar het ons eers 02:30 huis toe gegaan!  Na my mening die lekkerste dag van die jaar!

5.  Staatsteater

Daar is te min kaartjies vir almal vir die Staatsteater Saterdag.  Slegs 63 kaartjies is beskikbaar gestel en diegene wat eerste betaal het, het kaartjies gekry. Die res van ons moet maar wag vir volgende jaar.  Danie sal laat weet as daar op die laaste minuut kaarjies beskikbaar gestel word.  Laat dit 'n les wees! ;)

6.  Kleregelde


Uitstaande kleregelde moet ASB sou gou moontlik met Susan reggemaak word.  Skakel haar om uit te vind wat jou uitstaande bedrag is en betaal die gelde sou gou moontlik in.

7.  Duitse Orkes  


Die Duitse orkes wat Suid-Afrika besoek gaan saam met die orkes optree by Sarie se "Food and Wine" geleentheid.  Die Orkes tree Saterdag en Sondag op (sien jaarbeplanner)  en die Duitse orkes gaan die Sondag saam met die Klofieorkes twee stukke speel.  Nog 'n geleentheid om na uit te sien hierdie jaar!

Oor en uit!


Danie sal 'n email uitstuur om finale reelings te bevestig.


Go Klofieorkes!

No comments:

Post a Comment