Monday 1 August 2011

Danie Epos 17: 1 Augustus 2011


Geagte ouers.
Na 'n baie laaaang tyd van stilte is daar weer uiteindelik kommunikasie!
1.    TOER 2011
1.1    In die eerste plek wil ek vir u elkeen baie dankie sê vir die geleentheid wat u vir u kind gegee het om saam te kon toer.  Hierdie toer was 'n onvergeetlike ervaring, daarom seker dat al die kinders wat my geantwoord het met die uitsondering van een, gevra het dat ons volgende jaar weer Oesterfees en Simonstad toe moet toer in plaas van 'n buitelandse toer!!
1.2    Tweedens wil ek vir al die ouers wat die toer vir my moontlik gemaak het van harte bedank.  Baie dankie vir die opbou, herstel, grafieka en sleep van die Geraaswa, leen en sleep van die Venter sleepwaentjie, maak van ons nuwe staanderlappies, die skep en byhou van ons eie blog - wat nou nog aktief is!! (klofieorkes.blogspot.com), ons toer Drimacs, finansiële bydraes, die oppas van kinders, die versorging van ons konsertklere en ag sommer alles wat u elkeen bygedra het tot die sukses van ons toer ensovoorts, ensovoorts, ensovoorts.  Ons waardeer dit werklik baie en u het dit vir ons moontlik gemaak om 'n onvergeetlike toer te kon beleef.
Geld kan nie in waarde meet vir wat dit vir ons beteken het nie!
Baie baie dankie aan elke ouer vir elke bydrae tot die toer. Mag die Here u elkeen ryklik seën soos wat u ons geseën het!
1.3    Die kinders was absoluut 'n "blessing" en ek het GEEN probleme met enige kind op die toer gehad nie. Hierdie klomp raasbekke is enige afrigter se droom!!!  Die leiers onder leiding van Ebert was vir my goed werd en die sukses van ons toer het baie van hulle afgehang.  Ek is baie dankbaar vir so 'n uitstekende groep leiers!!!
...volgende jaar se Kaapse toerprogram is reeds beskikbaar!!!  Hou die blog dop!!!
2.    JAARPROGRAM
Hierdie was die moeilikste wat ek nog gehad het om ons voorbereiding vir die SA's in te pas.  Saal nie beskikbaar nie, matriekeksamen, 'n skielike langnaweek wat nie van die begin af op die kalender was nie, optredes ens. ens!
Ek heg die beplanning vir u aan. Dit is rof om by alles uit te kom en ek het werklik ure gesit om al ons groepe in te pas.  Ek doen 'n dringende beroep op u om my te help dat elke kind by elke oefening is. Dit help nie ons klink ongelooflik mooi, maar ons speel nie die musiek soos dit geskryf staan nie. Die beoordelaars sit met ons bladmusiek voor hulle, en dit is waaraan ons nou moet werk, die presiesheid waarmee ons ons bladmusiek vertolk en speel.  Ek het ELKE kind nodig.
Gaan asseblief sorgvuldig deur ons oefenprogram asook al die optredes.
2.1    SUPERLIGA KOMPETISIE

Dit is nou amper kompetisietyd.  Ons gaan deelneem aan die SA Superliga, maar ons gaan net die Gauteng-kompetisie speel - daar is 'n kompetisie in elke provinsie en die Superliga is om te kwalifiseer om aan die SA's te mag deelneem.
2.1.1    Springs Boys High School is veronderstel om die Gauteng-kompetisie aan te bied, maar dit blyk te wees dat dit nie gaan realiseer nie. Daarom gaan dit op hierdie stadium by ons skool plaasvind op Saterdag 27 Augustus. 
2.1.2    Indien u kind nie aan hierdie kompetisie deelneem nie of 'n oefening(e) mis, mag hy/sy ook nie aan die SA's deelneem nie.  Die blasers en strykers het reeds hul oudisies afgehandel en sodra ek die perkussie afgehandel het, sal ek u laat weet indien u kind nie kwalifiseer nie.  Ek moet dit egter beklemtoon dat indien u kind nie opdaag nie, hy/sy onmiddelik uitgeskakel word.  U kind moet die musiek uiters goed ken om deel te neem aan die kompetisies.  Indien ons die Superliga weer wen (vir die agtste keer in 'n ry!) ontvang u kind Gauteng-Noordkleure.
Dit is uiters belangrik dat u kind ons oefeninge bywoon anders sal hy/sy nie toegelaat word om deel te neem nie.
2.2    OPTREDES

Optredes in die tyd wat voorle is van kardinale belang.  Dit is gedurende hierdie optredes wat ek die orkes evalueer en ons tekortkominge agterkom wat ons dan gedurende oefeninge moet uitsorteer.  Indien u kind nie die optredes bywoon nie, kan ek die orkes nie behoorlik onder sulke druk omstandighede evalueer nie. Daarom kan ek dan nie toelaat dat diesulkes verder optree en kompetises toe gaan nie.
Optredes is noodsaaklik en elke kind is daar nodig. 
2.3    SA's
Sodra hierdie reëlings op dreef kom, sal ek u inlig. Hou solank 30 September en 01 Oktober hier by ons skool oop!!
2.4    OEFENWEEK: 19 - 24 SEPTEMBER

Ouers, ons oefenweek is sekerlik die heel belangrikste week in ons orkesjaar.  Ek het hierdie week al oor en oor aan u gekommunikeer sedert die begin van die jaar.  Indien enige kind by enige een van hierdie oefeninge afwesig is, sal daardie betrokke orkeslid NIE aan die SA's deelneem NIE (matrieks wat eksamen skryf uitgesluit).
U moes al aan die begin van die jaar musieklesse geskuif het asook alle ander afsprake vir daardie week.  Ek hoop werklik nie dat dit nodig gaan wees om 'n kind hierdeur te diskwalifiseer nie.  Ek het al oor en oor met die orkeslede sedert Januarie hieroor gepraat en gese hulle moet vroegtydig hul musieklesse en ander afsprake rondom hierdie week skeduleer.  Dit is nou "crunch time"!!
3.    UITSTAANDE KLEREGELD
Ek het alle inbetalings wat by Mev. Tredoux en die finansieskantoor gemaak is reeds afgemerk - die lys is nog net nie volledig nie want ek weet nog nie watter seuns het direk by Couqies inbetaal nie. Ek sal dit hopelik more kry en an vir u almal uitstuur vir kontrole.  Daar is nog ongelooflik baie gelde uitstaande. Vriendelik versoek ek dat alle uitstaande gelde so gou moontlik by Mev. Tredoux inbetaal moet word. Die rekeninge by die dame wat die klere gemaak het asook Couqies moet dringend betaal word.
Mev. Tredoux se besonderhede is as volg:
Susan se rekeningbesonderhede is as volg:
           S. Tredoux
           ABSA, Menlyn - Tjekrekening
           Rekeningnommer:  275387   (Die kort nommer is korrek!)
           Verwysing: U kind se naam.
3.    STAATSTEATER
Ouers, ek het u hulp baie dringend nodig.  My lys met al u getalle besprekings op, het tydens ons toer uit my lêer verloor en ek het nou geen idee wie het hoeveel kaartjies bespreek nie.  Kan u my asseblief baie dringend sms met u getalle.  Die wie se gelde reeds by die skool inbetaal is, hoef dit nie te doen nie, ek kry u getalle van daardie lys af.  Ek wil u ook net weer daarop wys dat alle inbetalings van die kaartjiegelde reeds afgehandel moes wees. Ek doen die oorbetaling op  3 Augustus en dan gaan u u kaartjies verloor indien die gelde nie inbetaal is nie.
Wikkel, wikkel as u vergeet het daarvan!!!  :)  Anders verloor  u u kaartjies!
Sjoe, dit was nou 'n mondvol!!  Ek kan nie wag vir ons optrede van Vrydagaand by Goeie Hoopskool nie - ons orkes is absoluut net 'n "blessing" vir almal waar ons ookal optree!!
Vriendelike groete!
Danie

No comments:

Post a Comment