Monday 15 August 2011

Danie Epos 19: 15 Augustus 2011

Geagte ouers

In die eerste plek wil ek vir u baie dankie sê vir u geduld met die aanhoudende veranderings op ons oefenprogram die afgelope tyd. Ek waardeer u begrip, want soos ek ook reeds op 'n stadium genoem het, hierdie programveranderings is voorafgegaan deur deeglike gesprekvoering, planne wat ons moet maak ensovoorts. Daarom heg ek weer vandag ons Jaarprogram aan wat weer opgedateer is en meer relevant is.

1.    WATERKLOOF MUSIEKBLYSPEL: GALA-AAND

Die konsertorkes het weereens nog meer prestige aan 'n baie mooi aand gegee. Ons ontvang groot lof uit alle oorde en ons is baie dankbaar daarvoor.

Baie dankie vir die teenwoordigheid van die orkeslede.  Baie baie dankie ook al AL die ouers wat my die hele dag en tot laat bygestaan het met die klere, die klank, oppak na die tyd en vergesel van die orkes terug skool toe.  Sonder almal wat my altyd help en my hande so sterk maak en die hele tyd in die lug hou, sal ons nooit so suksesvol kan wees nie.

Nogmaals baie dankie aan u elkeen!

2.    OUERAAND

Graag versoek ek u teenwoordigheid by vanaand se oueraand om 19:00 in die Personeelkamer.  Dringende sake moet aangespreek word wat nie langer kan wag nie. Die sake wat ons moet bespreek is:

a.    Blog vs eposse
b.    Staatsteater, 20 Augustus
c.    Kompetisies 2011
d.    Formele konsert: 15 Oktober
e.    Beplanning 2012:  Toer - Ja/Nee
f.     SA Kleure vir die meisies.

3.    PROGRAM VIR DIE WEEK

3.1    Maandag, 15 Augustus:    Oueraand om19:00 in die personeelkamer.
3.2    Dinsdag, 16 Augustus:    Orkes oefen 14:30 - 17:30.
3.3    Donderdag, 18 Augustus:    Slegs die Ligtemusiek-ensemble oefen 14:30 - 17:30.
3.4    NAWEEKOEFENING:

Vrydag, 19 Augustus:
14:30 - 17:00    Ligtemusiek-Orkes oefen.
AAND:    Sterkte aan al ons orkeslede wat klasmusiek neem met julle Musiek by Kersligaand!

Saterdag, 19 Augustus:
08:30 - 09:00    Ligte ontbyt.
09:00 - 13:00    Hele Orkes oefen.
13:00 - 13:30    Middagete - onthou jou R30 etegeld asb!!
14:30 - 15:00    Trek aan en maak gereed vir die Eisteddfod.
15:00    Vertrek na die Laerskool Wierdapark vir die Centurion Kunstefees.
16:30    Optrede by kunstefees.
17:00    Vertrek Staatsteater toe.
17:30 - 18:00    Opstel en instem.
18:00 - 18:30    Kleedrepetisie.
19:00 - 19:20    Optrede.
19:20 - 20:00    Oppak en uittrek.
20:00    Orkeslede kan verdaag.  NB!! GEEN bus na afloop van die optrede!! 
21:30    Show maak klaar.

Net die volgende ordereëlings vir Saterdag:

3.4.1.    Die orkeslede moet na elke optrede soos volg aantrek:

SEUNS:    Konsertbroek en konserthemp reeds aangetrek.  Onderbaadjie en krawat in kleresak.  Trek orkes se drimac aan. GEEN KLERE IN DIE HAND SONDER KLERESAKKE!!
MEISIES:    Trek toppie klaar aan by die skool en trek romp by optrede aan.  Trek netjiese blou denim met orkes se drimac aand.  Hare klaar in 'n netjiese ponie soos vir alle optredes. GEEN KLERE IN DIE HAND SONDER KLERESAKKE!!

Die kinders luister nie vir my hieroor nie en ek gaan hulle nou by die skool begin los as hulle nie reg aangetrek is nie, veral as hulle hul drimacs los.  Tot tyd en wyl ons die probleem met die ORKES se drimacs nog nie uitgesorteer het nie, moet die orkeslede wat nie die orkes se drimac het nie, die skool se drimac dra.

3.4.2.    STAATSTEATER:  Daar is 'n dringende versoek dat GEEN ouers agter by die kinders moet ingaan na vooraf, tydens of na afloop van die Kunstefees nie. Indien skole nie hieraan gehoor gee nie, gaan die betrokke skole nie weer genooi word om deel te neem nie.  Ouers moet kinders na afloop van die vertoning by die sydeur agter die teater langs die ou "Volkskas"-gebou vir die kinders wag.

Daar is 'n snoepie in die teater beskikbaar wat gewoonlik heerlike kos en verversingsverkoop. Die kinders kan ook hul eie verversings invat.

3.    TSHWANE JEUGKUNSTEFEES

Daar is 'n groot probleem met die aantal kaartjies van die kunstefees vir Saterdagaand.  Ons het slegs 60 kaartjies ontvang a.g.v. dat dit die Gala-aand is. In die berlede kon ons redelik baie kaartjies kry omdat skole dit nie baie ondersteun het nie. Maar daar is Saterdagaand baie eregaste en min kaartjies vir ons beskikbaar.

Om hierdie saak dus nou baie regverdig te hanteer, kom die kaartjies die ouers toe wat eerste inbetaal het. Maar ek wil tog vriendelik versoek, indien daar ouers is wat bereid sal wees om kaartjies af te staan, u dit vanaand by die vergadering vir ons moet noem. Ek kort 71 kaartjies.  Die ouers wie se geld eerste in was en kaartjies kan kry is:

Renier  x 4
Carli x 2
Gideon x 2
Z Theunissen  x 4
Matthys x 4
Christi-Louise x 8
Daniel Marais x 3
Bernard x 4
Izahn x 2
Jacques Ttredoux x 4
Jaco x 2
Estiaan x 2
Ebert x 4
Basson x 2
Stefan x 3
Werner x 5
Williams x 3
Botha Rolandi x 3
Heinrich x 3

Die teater sal my laat weet sodra meer kaartjies beskikbaar raak.  Programme is by die deur @R10 per program beskikbaar.

Groete en sien u vanaand!!

Danie




No comments:

Post a Comment