Tuesday 23 August 2011

Danie Epos 20: 23 Augustus 2011

Geagte ouers

1.    KUNSTEFEESTE

Baie dankie aan al die ouers wat my met die kinders gehelp het tydens die kunstefees asook die Staatsteater. Sonder u hulp sal my werk regtig baie moeiliker wees!!

Die orkes het 'n baie goeie A+ ontvang by die Centurion Kunstefees met baie goeie kommentaar.  Onder uiters moeilike omstandighede het die orkes hul baie goed gekwyt van hul taak.

Die optrede in die Staatsteater was soos gewoonlik 'n hoogtepunt.  Die orkes het ongelooflik mooi gespeel en ons baie trots gelaat!!

2.    WEEKPROGRAM

2.1    Ons Dinsdag en Donderdagoefeninge gaan normaal voort vanaf 14:30 - 17:30. 

2.2    Eerskomende naweek se naweekoefening:  Die skool bied OPPIVELD christelike byeenkoms hier aan vanaf 16:00 - 20:00.  Orkeslede het kom vra dat ons die oefening afstel om hulle die geleentheid te gee om Oppiveld by te woon.  Ek het dit so aangepas, maar nou verneem ek dat omtrent nie een van hulle kaartjies gekoop het nie, daarom voel ek dat ons dan liewers Vrydag moet oefen.  Ek sal die saak vandag tydens die oefening met hulle opneem, want hulle het dan nie ons ooreenkoms nagekom nie.  Ek verwag dat as die orkes vra om 'n oefening af te stel om hulle die geleentheid te gee om iets te mag bywoon, hulle dit dan moet doen, veral in die lig gesien van hoe min voorbereidingstyd ons vir die SA's oor het.  Ek sal graag wil he dat hulle Oppiveld moet bywoon.

Die Superliga van Saterdag is ook afgestel.  Slegs die Saksofoon Oktet gaan Saterdag 9 - 5 oefen.  Aan die einde van hierdie oefening sal ons moet bepaal of die Oktet aan die SA's gaan deelneem of nie.

Vriendelik wil ek weer eens 'n baie dringende en ernstige beroep op u almal doen in verband met die afwesighede tydens oefeninge en optredes.  Ek het regtig 'n groot stryd hier by die skool om oefenplek te kry, en om dit dan nog meer te bemoeilik, is daar tydens elke oefening orkeslede wat laat kom, vroeg loop of glad nie teenwoordig is nie - maak nie saak watter deel hulle van die oefening mus nie, hulle mis ongelooflike belangrike afronding.  As ek aan 'n stuk werk, trap ons dit deur van voor tot agter, verander hier en daar en oefen moeilike dele.  Kinders wat dan nie daar is nie, mis dit en dit skep probleme.

SA's is oor 'n maand en 7 dae met bitter min oefeninge tussen in.  Afwesighede gaan beteken dat ek op 'n punt vir u kind gaan moet sê dat hy/sy nie aan die SA's mag deelneem nie. 

Ek moet u ook meedeel dat ons orkes klink regtig baie goed.  Maar u moet onthou dat tydens 'n SA kompetisie sit die beoordelaars met ons musiek voor hulle.  Dan gaan dit nie net oor hoe goed klink die orkes nie, maar oor hoe goed speel die orkes die musiek volgens daardie bladmusiek wat voor hulle is. En dit is hierdie afronding waarmee ons nou besig is.  Indien 'n orkeslid nie daar is wanneer ons dit doen nie, verloor hulle daardie inligting en dit kan ons penaliseer tydens die SA's.  Ons werk nie elke oefening aan elke stuk nie. Elke oefening vat ek 'n ander stuk en werk daar deur.  Daarom is dit belangrik dat die orkeslede by die oefeninge moet wees.  U hulp en ondersteuning sal werklikwaar waardeer word.

3.    DUITSE ORKES

Baie dankie aan al ons ouers wat ingestem het om Duitse orkeslede te huisves.  Vriendelik versoek ek die volgende ouers om my asseblief te laat weet of alles nog in orkes is en dat hierdie die name is wat ek vir u gegee het:

3.1    Bauermeister-gesin:  Andrea en Matthias Fenk (Dirigent)
3.2    Kusel-gesin:  Andrea Enderer & Konstantin Hofman
3.3    ???             - Christian Daubenmerkl & Stefanie Schuster  (Wie het hulle?)
3.4    Theunissen-gesin:   Christian Gebhard & Christof Weiss
3.5    Steenkamp-gesin (verblyf) en Tredoux (vervoer):   Christopher Dotzler & Franziska Wawersig
3.6    Nana:    Jochen & Stefanie Glaser
3.7    Van der Linde-gesin:  Johanna Weiss & Marleen Wankerl
3.8    Volschenck-gesin:  Mario Winkler & Thomas Fenk
3.9    Andrea Pienaar:  Marius Wawersig & Matthias Siegert
3.10    De Jongh-gesin:    Markus & Regina Achhamer,  Sofia, Madlen & Julia
3.11    Smit-gesin:    Bettina Iberer & Sabrina Gebhard.

Vriendelik versoek ek u dringend om my te laat weet dat dit die regte name by die regte gesinne is.  Kan ons asseblief almal Maandagaand, 29 Augustus om 19:00 viinig in die Ouditorium kan bymekaar kom.

Laastens, kan enige iemand dalk nog help om 2 Duitsers te huisves?  Ek sal dit baie waardeer.

Aangeheg is weer 'n opgedateerde program. Let asseblief daarop dat die optredes van 3 & 4 September verander het.  [Editors Note ;)))    - -   Die aanhangsel op die "Page" blad is met hierdie een opgedateer en dus die heel heel heel (sic) nuutste !  ;)     ]

Groete aan u almal!!

No comments:

Post a Comment