Monday 20 June 2011

Bon Voyage Vergadering

So die aftelling het begin! Almal weet nou (min of meer) wat van elkeen verwag word en wat almal se verantwoordelikhede is. Soos gewoonlik laat Danie NIKS aan toeval oor nie wat baie ouers se angsvlakke beduidend laat daal. Die toerboekie wat alles per week, per dag en per uur uitspel (en nog baie meer) was nog al die jare vir my iets besonders - dit is soos die bouplanne van 'n Argitek (net meer volledig!). ;) 


Saterdag se Bon Voyage Konsert gaan baie spesiaal wees. Meer as 280 gaste het reeds aangedui dat hulle gaan bywoon en daar is nog genooides wat moet RSVP. Ek het gedink die Bon Voyage Konsert was die laaste voor die toer maar die Atterbury Teater het ander planne met die 'ekstra' konsert Dinsdagaand 19:00. Beteken dit nou dis die "Bon-bon Voyage" konsert? Moenie die s(t)outighede vergeet vir die gaste nie.

Ouers wat wil help met die galakonsert die 15de Oktober 2011 in die ZK Matthews ouditorium by UNISA kan gerus vir Nana kontak. Om voor 'n 1000 mense op te tree gaan beslis iets besonders wees om dit ligweg te stel ..... om vir hulle almal kos en drank te gee selfs nog meer besonders! ..... Hou duim vas Matthys Roets kan dit maak. 


Na die superligas word die SA's hier by ons gehou op 1 Oktober 2011. Eish. Eish. Die belangrikste ding wat elke ouer moet weet voor die SA's is dat as jy vir Coenie uithelp met die pannekoeke, jy  moet kophou en nie in jou ou gewoontes verval nie: 'n pannekoek is nie 'n ZOL nie! Jy lek nie jou vingers nat voordat jy dit oprol nie!! 


En daar is die jaar klaar verby. 

Wonder wat ek vir kersfees gaan kry!



No comments:

Post a Comment