Monday 27 June 2011

Stormwaarskuwing vir die Kaap van Storms: Die Blou Tornado is op pad!

Saterdagaand se Bon Voyage konsert het getoon dat die Kaap hom moet voorberei vir 'n jong, gemotiveerde, talentvolle, trotse en professionele groep Klofies wat duidelik weet hoe om 'n gehoor te vermaak.
Ten spyte van die koudste dag tot dusver hierdie jaar was daar amper nie genoeg sitplek vir almal nie.  Die Orkeste het gewys waartoe hulle in staat is en die koue verdryf met 'n vertoning wat selfs professionele orkeste jaloers sal maak. Saam met die nuwe klere, die eetgoed, kuier en musiek was dit 'n goeie manier om in die regte stemming te kom vir die toer wat voorlȇ.   

Kaap van Storms,  hier kom 'n ding!

2 comments:

  1. Wens ons kon ook daar wees! Post foto's asb, wil graag sien.

    ReplyDelete
  2. Maak so! Ons beplan om daagliks fotos te post sodat ouers die toer kan volg. Ons weet nie hoe prakties dit gaan wees nie maar ons sal dit 'n goeie go gee ;)

    ReplyDelete