Friday 24 June 2011

Monnies Rock!









Vanoggend se optrede by Laerskool Monumentpark was GROOT pret!  Die Konsertorkes is vroegoggend bederf met koffie en beskuit  wat gehelp het om die koue te verdryf.  Dit het nie gelyk of die Monnies deur die koue gepla was nie.  Hulle het vanuit die staanspoor spontaan saam hande geklap en dit was gou duidelik dat hulle Michael Jackson se musiek goed ken.  Maestro het gevra of hulle al die verskillende 'songs' kon identifiseer in die Michael Jackson medley en hulle was in die kol met almal!

Gelukwense aan al die Musiek- en Kultuurjuffrouens wat duidelik baie goeie werk doen by Monnies.  Die kinders se kennis van musiekinstrumente en die samestelling van orkeste was indrukwekkend - geen wonder daar is so baie oud-Monnies (en een huidige Monnie) wat in die Orkes speel nie ...

Die manier waarop Danie die kinders betrek het was 'n reuse sukses.  Een gelukkige Graad Twee leerling, Kyle Haynes-Smart, het selfs die kans gehad om die Orkes te dirigeer - die Orkes was natuurlik reg vir hom deur eers vals te speel!  Te oordeel aan sy reaksie na die tyd toe Jacques 'n foto van hom neem waar hy die Baton vashou, is die kanse goed dat indien jy vanaand vir hom sou vra wat hy eendag wil word, sal die antwoord Orkesdirigent wees!

Dankie Monnies vir jul entoesiasme en spontane reaksies - julle was 'n GREAT gehoor!

No comments:

Post a Comment