Monday 23 February 2015

Omsendbrief 3 van 2015




Geagte Ouers.

1. Aangeheg sal u die notule van ons oueraand vind. Bestudeer die notule asseblief deeglik en vergewis u van sake wat daarn bespreek word.

2. Ons het nog steeds baie hulp nodig. Sien vorige e-pos met die lys. Kontak my asseblief indien daar navrae is.

3. Baie baie dankie aan die ouers wat reeds so baie help en kort-kort hulp aanbied. Ons waardeer ons ouers se hulp ongelooflik baie en kan NIE daarsonder wees nie.

4. Afwesighede sonder verskoning is steeds ‘n ernstige probleem. Leerders en ouers moet asseblief by Me. Booyse verskoning maak. Almal is nou in besit van ‘n jaarbeplanning en kan nie nou meer sê dat u of die kind was nie bewus van die oefening nie.

5. Oefentye is steeds op Dinsdae en Donderdae stiptelik om 14:30 – 17:30 in die saal of in die personeelkamer.

6. Ek herinner u aan die kampgeld wat moet inbetaal word (sien Notule). Ek besef dis ‘n astronomiese R2,500, maar dit is ‘n belegging in u kind se opvoeding.


Uit die pen van ons Hoofleier:




1. Alexander noem dat dit die orkeslede pla dat daar steeds so baie afwesighede is en dat orkeslede laat kom vir oefeninge. Ons versoek u baie vriendelik om asseblief hieraan dringende aandag te gee.

2. Hy wil graag al die orkeslede bedank vir hul ongelooflike goeie gees en samewerking. Dit maak die oefeninge baie lekker indien almal so mooi saamwerk.

3. Hy bedank ook die leiers wat hom bystaan en sy taak baie maklik maak.

Vriendelike groete!

Danie

Danie Smith
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR &
KONSERTORKES
Sel:  082 853 8698
Tel (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faks:  086 512 8755






















No comments:

Post a Comment