Wednesday 11 February 2015

Omsendbrief 1 van 2015

Geagte ouers,

UITEINDELIK…..

     1.       Ek begin weer met ons weeklikse kommunikasie!  U moet maar hierdie boek wat ek nou stuur verduur asb!! J

     2.       Ons het uiteindelik weer ‘n puik en gerespekteerde dirigent – so, dinge gaan nou weer begin gebeur!
     3.       Ons kan die onsekerhede uit die weg ruim en onsself regmaak vir ‘n kookwater jaar wat voorlê!!

     1.     ALGEMEEN

1.1               Ek gaan weer weekliks begin om laat Sondae of laat Maandae eposse uit te stuur wat die week se program sal bevat en u sal inlig oor orkessake.

1.2               Sodra die nuwe dirigent sy kontrak geteken het, sal ek sy naam kan bekend maak en hom aan u voorstel.

1.3               Oefentye:  Ons oefentye sal van volgende week af saam met die nuwe dirigent,  soos volg wees:
1.3.1          Vrydagaande 19:30 – 22:05
1.3.2          Saterdae 17:05 – 20:30

     2.     OUERAAND

2.1               Ons beplan ‘n inligtingsaand vir Maandag, 16 Februarie om 19:00 in die Ouditorium of Personeelkamer.  Tydens hierdie vergadering sal ek en mev. Henriette Booyse u inlig rakende die jaar se program en nuwe dirigent.

2.2               Tydens hierdie vergadering sal ons ook ‘n lys van ouerhulp wat benodig word sirkuleer. Ons het onder andere die volgende hulp nodig:

2.2.1          Hulp met naweekoefeninge se etes (organiseerder + hulpom kos te maak + hulp om op te dien ens.)
2.2.2          Hulp met konsertklere
2.2.3          Mev Hartzenberg moet haar span saamstel wat wil help om ons Gala-aand aan te bied
2.2.4          Hulp met SA’s in Kaapstad
2.2.5          En nog vele meer.

     3.     JAARPROGRAM EN OEFENTYE

3.1               U het seker nou al herstel van my grappie soos genoem in punt 1.3 J.  Ons oefentye bly presies soos wat ons dit gedoen het tot nou toe.  Dinsdae en Donderdae 14:30 – 17:30 asook een oefennaweek per maand (Vrydae 14:30 – 21:00 en Saterdae  07:30 – 17:00).

3.2               Vriendelik wil ons u nou versoek om hierdie oefentye te respekteer en ons te help om die kinders by alle oefeninge teenwoordig te hê.  Die orkes is baie kleiner as gewoonlik en ons het ELKE orkeslid byu ELKE oefening nodig!  Reël asseblief alle musieklesse ens. BUITE hierdie tye sodat ons ‘n volledige orkes by oefeninge kan hê.  Indien daar enige probleme is, kontan my asseblief dadelik.


3.3               Ek sal ook teen die naweek ons Jaarprogram opgedateer hê en aan u beskikbaar stel.  Ons oefen volgens hierdie Jaarprogram asook die eposse wat u elke week sal ontvang.  Ignoreer asseblief alle ander vorme van datums.  U reageer slegs op datums wat u van my af ontvang.  Die vorige afrigter het datums vir die skool deur gegee wat nie op ons van toepassing is nie.

3.4               Volgende maand se naweekoefening:

3.4.1          DATUM:  6 & 7 Maart
3.4.2          Voorlopige program:



Ouers, ons het ELKE kind vir die volle duur van die oefening nodig.  Laas naweek het ons maar aanvaar dat kinders kom en gaan a.g.v. al die onsekerhede ensovoorts.  Maar ons het nou weer struktuur en ons versoek u dringend om ons te help om weer struktuur, dissipline en oefeninge te vestig.  Ons hande is afgekap indien u ons nie help nie.  Ons het u verskriklik nodig. Help ons asseblief om net die beste vir u kind te gee en doen.

     4.     ORKESKAMP

4.1          Ons orkeskamp is ‘n vereiste om na die SA’s en Gala-aand te kan gaan.  Ons het die kamp ook so geskeduleer day die kinders wat in Simfonia Juventi speel, ook saam kan gaan kamp.  Ek organiseer die kamp en Mev. Booyse hanteer die inbetalings.  Hier is ‘n opsomming van hoe die kampprogram gaan lyk:


4.2          Ek is besig om die kampprys saam te stel en sal dit in Sondag se epos vir u plaas.
4.3          Die braai vir die ouers:  U betaal ‘n minimale bedrag in daarvoor.  Ek sal u ook inlig                            rakende die braai.
4.4          Daar is vir ouers in die hoofkamp moontlik verblyf beskikbaar vir Vrydagaand (maar geen                  ouers word Sondag tot Vrydagaand toegelaat nie). Ek sal baie met u oor hierdie verblyf, etes                ens. kommunikeer.

     5.     SA’s 2015

5.1               DATUM:  Saterdag, 3 Oktober 2015 te Hoërskool Durbanville, Kaapstad.

5.2               Program:  Hier is ‘n voorlopige uitleg van hoe ons toerprogram gaan lyk:
  

5.3               Ek is ook reeds besig om die toerprys saam te stel.  Dit vat maar lank, maar sal binne ‘n week of twee dit vir u kan gee.
5.4               Ouerhulp gaan ook benodig word.

6.     FINANSIES

6.1               In die eerste plek wil ek dit baie duidelik stel dat finansies NOOIT in die pad van ‘n kind en die orkes moet staan nie.  Indien daar probleme is moet dit baie vinnig onder die aandag van Mev. Booyse gebring word. 
6.2               Alle inbetalings word elektronies by die skool gedoen, behalwe etegelde wat direk (op hierdie stadium) by Mev. Anneke Vermaak inbetaal word.
6.3               Ek kry die verwysings by die skool en sal die rekenigbesonderhede asook die verskillende verwysing spoedig aan u verskaf. Ek moet net eers alle inbetalings gaan registreer om elke inbetaling se verwysing te kry.

     7.     UIT DIE PEN VAN ONS HOOFLEIER

Ek plaas graag wat ons hoofleier, Alexander de Kock, elke week op die hart het (ek sal maar baie streng moet sensor.. hy is nogal baie streng!! J )

7.1               Hy is baie bekommerd oor al die afwesighede.  Dit maak die taak van die seniors baie moeilik as die kinders nie by al die oefenige is nie.
7.2               Hy is voorts ook bekommerd oor die laksheid onder senior en ook ons junior orkeslede wat nie oefen nie en versoek elke orkeslid om asseblief hard by die huise te oefen.
7.3               Kinders lag die inspeksies af.  Ons gaan kinders 15A gee vir uitdaag van gesag indien orkeslede hierdie inspeksies aanhou ignoreer.
7.4               Hy bedank al die ouers wat die orkes ondersteun en is baie dankbaar vir die positiewe gesindheid van elke ouer en ook die orkeslede.

Ek wil afsluit deur u almal te versoek om my asseblief te laat weet of hierdie epos ontvang het.  U kan per epos, whatsapp en met u kind vir my laat weet. Sodoende weet ek dat ek die eposadresse koorek ingetik het en dat u ons eposse ontvang.

Vriendelike groete!

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: ADMINISTRATEUR
Sel:  082 853 8698
Tel (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faks:  086 512 8755

No comments:

Post a Comment