Tuesday 17 February 2015

Hoërskool Waterkloof Konsertorkeslede bereik hoë hoogtes!

Alexander de Kock (Tuba), Karel van Rheede (Fransehoring) en Louise Burger (Chello)
 [Anaïs Jordaan (Viool) ]
Vier lede van die Klofie Konsertorkes het hul oudisies geslaag en is opgeneem in die Simfonia Juventi simfonieorkes. 

Simfonia Juventi is 'n nasionale jeugorkes wat musiek op ń baie hoë standaard speel en hoë eise word aan elke musikant gestel.  Om lid van hierdie befaamde jeugorkes te kan wees speel ‘n baie belangrik rol in elke kind se pad in die lewe vorentoe.

Die orkes oefen net een week in die hele jaar en het drie optredes wat versprei is oor ‘n lang tydperk. Die hoofoptrede is einde Mei in die ZK Mathews Ouditorium, UNISA.

Die vier lede wat lede van ons skool se eie konsertorkes is:
·         Alexander de Kock (Tuba) - hy is die enigste tubaspeler die oudisie geslaag het.
·         Karel van Rheede (Fransehoring) – Karel is een van twee en speel die eerste part.
·         Anaïs Jordaan (Viool)
·         Louise Burger (Tjello)

Karel en Alexander is ook albei opgeneem in die Universiteit van Pretoria se Simfonie orkes (UPSO).


Ons is baie trots op hierdie orkeslede!

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: ADMINISTRATEUR
Sel:  082 853 8698
Tel (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faks:  086 512 8755


No comments:

Post a Comment