Monday 16 February 2015

Omsendbrief 2 van 2015

Geagte Ouers.

Ek hoop dat dit sommer nog baie goed gaan met u elkeen!

1.     PROGRAM VIR DIE WEEK

DATUM
TYD
AKTIWITEIT
Maandag, 16 Februarie
19:00
Oueraand in personeelkamer.  Ontmoet nuwe dirigent.
Dinsdag, 17 Februarie
14:30 – 17:30
Oefening in saal of personeelkamer.
Orkes verwelkom Mnr Clayton.
Donderdag, 19 Februarie
14:30 – 17:30
Oefening in saal of personeelkamer.

2.     OUERAAND

Ek het u teenwoordigheid baie dringend nodig by vanaand se vergadering.  Ons het baie om oor te praat en te besluit. Sien agenda.

Ons het twee groot uitgawes vir die jaar – kamp en toer Kaapstad toe vir die SA’s.

Ons vergader vanaand 19:00 in die personeelkamer.  Ek wil u ook versoek om u orkeskind saam te bring.  Alles wat ons vanaand moet bespreek en besluit raak hulle ook direk.

Indien daar enige iets is op wat u nie op die agenda sien nie, laat weet my asseblief.

Sien u vanaand!!

Groete!


Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: ADMINISTRATEUR
Sel:  082 853 8698
Tel (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faks:  086 512 8755











No comments:

Post a Comment