Monday 13 October 2014

Konsertorkes week 13-18 Oktober 2014: Gala-aand

Beste orkes ouers

Hiermee wil ek u graag herhinner aan die skedule vir die week. (Sien skedule aangeheg van vorige mail).

Daar is Maandag-aand 13 Oktober orkesoefening in die personeelkamer 17:30-19:30. Ensemble oefening gaan voort 19:30-20:30

Die ensemble sal eers ongeveer 20:45 verdaag. Dis belangrik dat u kind asb sal bywoon, aangesien dit die enigste oefening sal wees vir die week. 

Die orkes kom dan weer bymekaar saterdag 18 Okt 13:00 om te oefen en reg te maak vir die Gala-aand. 

Ook herhinner ek julle aan die optrede/funksie dinsdagoggend 14 Okt waarvoor die orkes gevra is om te speel. Die orkes moet die verhoog begin regpak om 7:30. 

Die verrigtinge begin om 10:00 en behoort teen ongeveer 12:00 klaar te wees. Aangesien daar nog nie duidelikheid oor die optrede is nie, stel ek voor dat die kinders in hulle SA drag moet speel. Daar sal na afloop van more-aand se oefening besluit word wat om aan te trek vir die geleentheid. 

NB: Kinders moet asb verskoning maak van alle klasse vir daardie dag. Daar is n' spesiale versoek ingedien dat die orkes by die hierdie belangrike geleentheid moet speel.

GALA-AAND 18 OKTOBER

Sien asb aangeheg die verkope en dvd bestellings mbt die Gala-aand. Die verkope staan so effens stil en die doelwit vir elke orkeslid om 15 kaartjies te verkoop is nog nie heeltemal bereik nie. Ek versoek groot asb dat u die kinders sal aanmoedig om kaartjies te verkoop om sodoende die nodige wins te bereik. Dvd bestellings moet asb teen dinsdag by Mev Carin Hartzenberg bestel word.
Dankie aan almal wat alreeds 'n groot bydrae lewer rondom die Gala-aand.

Lekker week!





Groete,
Jaco van Staden(Afrigter en dirigent)

No comments:

Post a Comment