Wednesday 8 October 2014

E-pos: Gala-Aand en Oefenskedule vir 13 tot 18 Oktober 2014

Beste orkesouers,

Hiermee wil ek graag 'n paar belangrike goed met u bespreek.

1. SA's 2014

Baie baie geluk aan elkeen van u kinders wat vanjaar die SA's weereens gewen het! Ek is baie trots op die orkes en baie dankie ook aan elkeen van u wat 'n groot bydrae gemaak het aan die sukses van die SA's! Die kinders het werklik uit die as opgestaan en baie hard gewerk om te kom waar hulle nou is. Ek waardeer u hulp en opofferinge mbt veranderinge wat moes plaasvind om als te maak werk. Baie dankie!

2. Weekprogram 13-18 Oktober

Vind asb aangeheg die skedule vir die weekprogram van Maandag 13 Oktober tot Saterdag 18 Oktober (MS excel dokument aangeheg met epos).



Net kortliks, daar sal Orkesoefening wees Maandagaand 13 Okt. 17:30-19:30 en dan Ensemble oefening 19:30-20:30.

Dinsdagoggend 14 Oktober is daar 'n akedemie beursfunksie wat by die skool plaasvind waarvoor die orkes gevra is om te speel. Die e-pos het eers verlede week deurgekom, so dit is ongelukkig baie kort kennisgewing.

Dit is glo 'n baie belangrike funksie en die organiseerder het die orkes genader om daar op te tree.

Die voorlopige skedule vir die loop van die dag is aangedui op die aangehegte vorm. Daar is nog onsekerheid wat die orkes moet aantrek, maar dit sal so spoedig moontlik bevestig word.

Die kinders moet asb al 7:30 by die saal wees om op te stel en klanktoets te doen. Die verrigte behoort teen 12:00 klaar te wees. Dit gaan in skooltyd gebeur, so u kind sal asb moet verskoning maak uit hulle klasse vir daardie dag.

3. GALA-AAND 18 OKTOBER NG PvR OUDITORIUM

Ons is baie opgewonde oor die komende Gala-aand en dit beloof om baie pret te wees. Die skedule vir die 18de Oktober is ook op die aangehegte vorm. Soos voorheen genoem is die doel van die Gala-aand om fondse in te samel.

Dit is nie dieselfde tipe Gala-aand as 2013 nie! Die idee is dat elke kind 'n mikpunt moet he om ten minste 15 kaartjies te verkoop vir die Gala-aand. Daardie fondse word dan op daardie kind se naam geplaas (wins op elke kaartjie), wat dan sal help om kamp of toergelde te betaal vir 2015!

Dis baie belangrik dat die orkes so veel as moontlik kaartjies verkoop vir hierdie geleentheid, dit is 'n gulde geleentheid vir u kind om hard te werk om sodoende uitgawes te beperk vir toekomstigte toere of kampe. 

Lees asb die aangehegte boodskap (alleenlik met epos) van Mev Carin Hartzenberg: Baie dankie ook aan jou Carin asook aan baie ouers wat alreeds hard werk aan die reelings vir die Gala-aand!

Groete,

Jaco van Staden

No comments:

Post a Comment