Thursday 16 May 2013

Van die Hoof se kantoor:


NOORD-KAAP DERBY


Ons wil graag vir ons kultuurleerders sê dat dit vir ons ‘n eer is om met hulle geassosieer te word. 

Dankie vir ons vasvra-leerders se onberispelike gedrag en positiewe optrede. 

Dankie vir die ensemble-leerders se voorbereiding en geluk met die wyse waarop hulle die vertoonvenster van ons Musiekdepartement was. 



Wat die koor betref, was dit ‘n voorreg om die program te beleef en hulle het beslis die spontane staande ovasie wat hulle gekry het, verdien. Dit was ‘n groot lekkerte om ‘n Klofie te wees. 

Van nou af staan Kimberley vir Kultuur!

1 comment:

  1. My kultuurhart klop nou sommer lekker warm!!! :)

    ReplyDelete