Thursday 16 May 2013

Danie Epos Nr 16: 16 Mei 2013


Geagte ouers.

Graag gee ek net die volgende aan u deur:

    1.  KWARTAALPROGRAM

1.1             Ek heg vir u ons program aan tot en met die vakansie.  Indien enige iets verander, sal ek u laat weet.
1.2             Ek wil die volgende twee seksies Dinsdag na skool by my kantoor sien om hulle te evalueer:  Strykers (Tjello’s eerste en daarna viole) en die klarinette.  Dis die seksies wat nie aan die begin van die jaar oudisies gedoen het nie en ek dink dis nou tyd omdat ek die ensemble en ligte musiekorkeste moet saamstel.
1.3             Ek gaan nie oudisies vir die ligte musiekorkes en -ensemble hou nie – ek ken die kinders en hul vermoeens goed genoeg om hierdie indelings reg te doen. Ek gaan geen beginners op hul instrumente oorweeg nie, behalwe die perkussie.  Beginners bedoel ek kinders wat nou eers hul instrumente leer speel en NIE wat nou eers in die orkes gekom het en wat alreeds baie goed kan speel nie.  Dit gaan oor wie die beste musikante vir die pos is.  Ek heg vir u my struktuur aan.  Hierdie getalle is soos bepaal deur die SA-Reels.

    2.  OPTREDE:  18 MEI

2.1             Die hele orkes tree eerskomende Saterdagoggend by Laerskool Villieria op.
2.2             Die bus word 08:00 gepak en ons vertrek 08:30.
2.3             Kleredrag:  Orkeshempie, skool se drimac (Leiers dra orkes se drimac) met netjiese blou denim.  Meisies se hare is vas in ‘n deurtrekponie.  Wit skoolserp is toelaatbaar.
2.4             Optrede is 10:00 – 11:00.
2.5             Die kinders kry ietsie te ete en daarna vertrek ons terug.  U kind moet u sms / bbm om te laat weet sodra ons daar ry.

    3.  NAWEEKOEFENING:  24 & 25 MEI

3.1             Daar is hierdie naweek NIE oefening nie, maar wel volgende naweek.
3.2             Die oefeninge gaan soos volg verloop:

Vrydag, 24 Mei
14:00 – 16:00


16:00
17:00
Ligte Musiekensemble. 
Ek stel hierdie ensemble volgende week saam uit die beste 20 orkeslede.  Die name sal teen Woensdag teen my kantoor se deur vasgeplak wees.
Ligte Musiekensemble eet en trek konsertklere aan.
Vertrek vir optrede by HTS Pretoria-Tuine.
Saterdag, 25 Mei
08:00 – 13:00
Die hele orkes oefen.


    4.  KONSERTKLERE

4.1             Ouers wat nog nie konsertklere betaal het nie, moet asseblief DRINGEND met mev Susan Tredoux in verbinding tree.  Haar selnommer is 082 568 0706.  Die klere moet gereed wees ten tye van ons toer en moet reeds met die naweekoefening gepas word.
4.2             Ek wil u asseblief dringend versoek dat indien u ‘n probleem het, om NIE stil te bly nie maar om dadelik met Susan kontak te maak.  Ons probleme word net grote as ons nie daarvan weet nie!!

    5.  ONDERSTEUNERSHEMPIES

U het nog net kans tot hierdie naweek om u ondersteunershempies by Susan te bestel.  Daarna kan u nie meer bestel nie.  Kontak haar dringend met u groottes.

Baie dankie vir al die toergelde wat al inbetaal is.  Ek waardeer dit baie!!  Baie dankie aan die ouers wat alreeds so verskriklik baie gehelp het!!!!!

Groete.

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755









No comments:

Post a Comment