Monday 9 January 2012

Maestro se nuwejaarsboodskap 2012



2012...CON GIUBILO!!
   (met jubeling)

Geagte ouers, orkeslede en voornemende orkeslede.

Mag ek u ‘n geseënde 2012 toewens en my gebed vir u is dat die Here u en u gesin seën met gesondheid, voorspoed, vreugde en vrede. Plaas u lewe en alles wat u doen, in die hande van die Heer, vertou op Hom en glo in Hom, dan sal u weë voorspoedig wees.

Jesaja 41:8-20 “Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, EK IS JOU GOD.”

Ek sien met groot opgewondenheid (con agitazione) baie uit na ons orkesjaar wat voorlê. Ons het ‘n paar baie interessante struikelblokke om te oorkom, nuwe soliste moet aangewys word, nuwe lede moet gewerf en opgelei word ensovoorts, maar nou ja, wie is bang vir ‘n paar struikelblokkies!!! Beslis nie ek en die orkes nie!

Hoe kan ek die jaar opsom?

Oefeninge?       Con abbando, con diligenza
Musiek?           Con precisione, grandezza, con gusto!
Orkeslede?      Con spirito, con vita

Ja, dis ons jaar in ‘n neutedop; ons gaan met oorgawe en met ywer oefen. Ons musiek is met groot presiesheid en met grootsheid, het smaak en styl en ons orkeslede oefen en tree op met geesdrif en lewenslus. 

Dis die konsertorkes!!

En ons ouers? Hoe sien ek en u kind u hierdie jaar??

Con agitazione, con abbondono, con amore, con brio, con forza en con fuoco, con giubilo! Dit beteken:

Ons het u met opgewondenheid, oorgawe, liefde, geesdrif, met krag en vuur en laastens, met jubeling in u harte nodig. 

ONS KAN NIE SONDER ONS OUERS FUNKSIONEER OF PRESTEER NIE. Ek doen ‘n beroep op u om my hande sterk te maak en saam met my die pad te stap, afwesighede te beperk en u kind te motiveer. Daarmee kan ons saam sukses bereik. 

Alles wat mooi is vir 2012!!
Maestro

Die Jaar- Oefen en Optrede Program is beskikbaar op die "Menu Bar" aan die bokant van die Blog  - Ed

No comments:

Post a Comment