Thursday 12 January 2012

Danie Epos nr 1: 12 Januarie 2012

2012

Geagte ouers.

Baie baie welkom terug na ‘n lekker lang rus. Ek hoop dat julle almal my Kers- en nuwejaarsboodskappe op ons blog gelees het.

Baie geluk aan elke orkeslid wat geslaag het.  Ons orkeslede se rapporte het oor die algemeen uitstekend gelyk – ek is baie trots op hulle!!  Ons matrieks het net so goed presteer!  Renée en Rolandi het elke 4 onderskeidings.  Baie baie geluk aan hulle ook!!!

Maar nou ja... “reality check!!”  ... dis 2012, nuwe jaar, nuwe uitdagings en alles begin weer van voor af.  Ek sien weereens baie uit na hierdie jaar en kan nie wag om weer te begin oefen en optree nie.

1.     VOORLOPIGE JAARPROGRAM

Ons voorlopige jaarprogram (waarby ons toerprogram ook ingesluit is!!) is reeds op die blog beskikbaar.  Die blogadres is klofieorkes.blogspot.com.  Laat weet my asseblief dringend indien daar botsings is.  Let veral op die toerdatums, ons SA voorbereidingsweek en die SA datums.

2.     ADRESLYS 2012

Ek heg ons huidige adreslys vir u aan.  Kontroleer asseblief u kind se inligting en maak seker die volgende is volledig en korrek:

2.1               Doopnam en ook die noemnaam in hakkies
2.2               U kind se graad (laat klas oop)
2.3               Instrumentnommer
2.4               Musiekstaandernommer
2.5               Kind se verjaarsdag. Laat weet my indien u kind se naam NIE op die verjaarsdaglys op ons jaarprogram is nie.
2.6               Korrekte adres + poskode
2.7               Korrekte eposadres waarheen orkes se eposse moet gaan.  Geskeide ouers kan albei ouers se eposadresse deurgee.
2.8               Korrekte sel en huistelefoonnommers
2.9               Laastens wil ek weet van ernstige mediese toestande / allergieë.

Vriendelik versoek ek u samewerking in hierdie verband.   Stuur asseblief ook ‘n epos indien al die inligting korrek is. 

U reaksie is belangrik sodat ek korrekte inligting het maar ook dan weet ek u kry my eposse.

Agv persoonlike aard van die informasie wat op hierdie lyste verskyn word dit nie op die blog geplaas nie.  Verwys asb na die oorspronklike epos.    -  Ed

3.     OEFENINGE EN OPTREDES

Soos u op ons jaarprogram sal sien, begin ons al volgende week Donderdag te oefen.  Ons eerste optrede is by die Groentjiekonsert die volgende week.  U kind se teenwoordigheid is ongelooflik belangrik tydens hierdie oefeninge, want ons speel ook in hierdie dae uit vir soliste en plekke.  Indien ‘n kind afwesig is wanneer ek hierdie evaluerings doen, verbeur hy/sy die geleentheid.

Ons eerste twee naweekoefeninge is ook sommer baie baie vinnig op ons.  Daarom versoek ek u om asseblief die voorlopige program en datum van eerste oueraand op die blog te kry. 

Mag hierdie jaar WEER vir ons ‘n Jesus-jaar wees propvol opwinding en avontuur, afgerond met harde oefening en ‘n puik positiewe orkes!!

♫-groete!!
Danie

D.J.F. Smith
DIRIGENT: HOëRSKOOL WATERKLOOF KONSERTORKES
DIREKTEUR KULTUUR
TELEFOONNOMMER:   012-347 0277 X 130
SELNOMMER: 082 853 8698
FAKS:  086 512 8755

con spirito, 2012 Jesus-jaar!!

No comments:

Post a Comment