Geagte
ouers.
Anelia
Pretorius het die inisiatief geneem om vir ons ouers ‘n ondersteuners gofhempie
te kry. Die ontwerp gaan min of meer dieselfde wees as die hempies wat
ons vir die orkeslede gaan kry. Die ontwerp is hierby aangeheg.
Die
golfhempie is R75 per hempie (drukwerk ingesluit) en dit is kontant met
bestelling. U kan vir die hele gesin een koop.
[Ek vermoed Danie bedoel een vir elke lid van gesin in plaas van een vir die hele gesin. Dit gaan vreemd lyk as die hele gesin in een groot T-shirt by die SA's aankom! muwhahahah (evil laugh) - Ed]
Plaas
die name met groottes en ook die geld in ‘n koevert en stuur vir my. Die
laaste dag vir betaling is 4 September.
Vriendelik
versoek ek dat u vir Anelia so gou moontlik laat weet watter groottes (in
Small, Medium, Large ens) u gaan bestel sodat sy solank die hempies kan
bestel. LW, slegs die hempies wie se gelde op 4 September inbetaal is,
sal gedruk word.
Haar
selnommer is 08* *** ****. [Geen persoonlike inligting op blog - verwys asb na die harde kopie naamlys - Ed] Rig alle navrae aan Anelia self.
Groete.
Danie
D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer: 082 853 8698
Telefoonnommer (skool): 012 – 347 0277 X 130
Faksnommer: 086 512 8755
No comments:
Post a Comment